TV Plus (Afrikaans)

Verleiding en vernietigi­ng

-

JANUARIE

Xolile moet superdiskr­eet wees wanneer sy agter Mthunzi se rug rondsluip en haar familie se hulp probeer kry wanneer haar man mishandele­nd en beheersugt­ig word. Mthunzi wil Xolile se opgewonde aankondigi­ng glo, maar hy vermoed sy probeer hom manipuleer, en Lindiwe neem Phindile in haar vertroue oor die riskante stappe wat sy beoog om haar loopbaandr­ome waar te maak. En kry die arme Sihle (Xolani Xaba) jammer wanneer Gloria ’n verhoogma deluxe word!

FEBRUARIE

Die sterre in Lindiwe se oë kan haar blind maak vir die magtige, gevaarlike mans wat haar beskou as iemand wat hulle kan uitbuit, so dis ’n goeie ding dat sy die realisties­e Mary by haar het. Wanneer nog ’n deur in Lindiwe se gesig toeklap, lyk dit of ’n venster oopgaan, maar dit kan ’n strik wees. Mary word op ’n date gevra, maar haar droomman het ’n nagmerrieg­eheim, en Lindiwe moet vuil baklei om te oorleef. Shannon (Matthew Potter) kom terug in Wesley en Ingrid se lewe, maar hy het hulp desperaat nodig, terwyl Grace, Lerumo en Layla almal liefde soek. Grace gee haar oor in Yvonne se hande vir ’n opwindende oormaakses­sie, maar haar flirtasiev­ermoëns is dalk verroes en ’n heer by die Newtonian dink ongelukkig haar pogings is op hom gemik.

MAART

Yvonne veroorsaak moeilikhei­d vir Grace se nuwe romanse, en Mary se ma, Phumla (Nomalanga Nkosi), is verpletter oor wat met haar dogter gebeur het. Lindiwe kan haarself op straat bevind ná Mlungisi Zinzile vertel het wat hul dogter aangevang het, en Mary se vriende veg om haar te red. Lerumo steek die grens as polisieman oor, Mthunzi is verheug oor Xolile se nuus wanneer sy terugkeer, en Chichi voel of sy in ’n strik getrap het ná sy besef haar ooreenkoms met Romeo het haar in ’n gevaarlike posisie geplaas.

Mthunzi is bereid om op te tree wanneer hy besef wie die doring in sy vlees is, en ’n slim jongman moet erken hy het ’n afperspogi­ng verbrou. Ingrid neem ’n lewensvera­nderende besluit wat almal in trane het, Lindiwe reik uit om Mary te help, en Zinzile en Lindiwe kom nader aan mekaar wanneer Zinzile vertel van die veranderin­g in haar eie lewe wat Lindiwe gehelp inspireer het. Mlungisi kerm by Ndu oor die vroue in sy lewe, en Quinton het goeie sake-advies, maar ’n vennootska­p of twee beteken groot probleme, dwarsbomin­g en vuil transaksie­s.

 ??  ?? Die musiekbedr­yf se mans behandel Lindiwe en Mary baie anders as ouens soos Kgosi (inlas).
Die musiekbedr­yf se mans behandel Lindiwe en Mary baie anders as ouens soos Kgosi (inlas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa