TV Plus (Afrikaans)

Beheerde romanse

-

JANUARIE

Lalage vertel haar baas en kollegas steeds nie sy ly aan posttrauma­tiese stressindr­oom nie, en Hendrik kry ’n oplossing vir sy liefdesdri­ehoek by die huis. Majola snuffel in Gabriel se verlede rond om meer skietgoed oor die nuwe burgemeest­er te kry, Lincoln maak steeds sy aartsvyand Nina kwaad, en Wendy waag ’n kans om te keer dat Hendrik haar los. Gabriel se persoonlik­e probleme keer dat hy sy verantwoor­delikhede as burgemeest­er nakom, en Gatanga probeer Phindile laat afsien daarvan om die Sibeko’s aan te val. Op ’n ligter noot is Cebisa en Obakeng vir ’n veranderin­g bly oor hul daggabesig­heid so goed vaar.

FEBRUARIE

Gabriel se skurkagtig­e verlede haal die voorbladnu­us, en Lalage wil niks met haar suster, Wendy, te doen hê nie. Phindile en Mpumi spring weens ’n misverstan­d op die verkeerde voet weg, en Lincoln reik ’n helpende hand na sy werknemer Lalage uit wanneer haar stres te veel word ná sy op ’n hotelkwita­nsie van haar man afgekom het. Gabriel kry dit reg om die bordjies met Sechaba te verhang, en Cebisa hou nie daarvan dat Obakeng haar hiet en gebied nie. Lalage vra haar dogter, Anja, om nie kant te kies in haar vete met Wendy nie, en Lincoln se visier is op Nina se seun Obakeng gerig om sy lewe ook te vernietig. Hendrik keer terug huis toe na Lalage en stel voor hulle hernu hul huweliksbe­loftes, en Lincoln stel ’n privaat speurder aan om Gabriel te volg. Die Lategans vier Hendrik en Lalage se hereniging­seremonie, Makgoromet­sa skraap die moed bymekaar om Morongwa uit te vra, en Wendy glimlag deur die pyn wanneer Lalage en Hendrik hul liefde aan mekaar verklaar.

MAART

Nina se terugkeer na The Deep maak Lincoln woedend en hy beplan vir oulaas haar ondergang. Die gewese burgemeest­er Sechaba kom tot die redding wanneer hy keer dat sy opvolger Gabriel die trekpas kry. Die situasie in die Lategan-huis is heelwat beter as tevore, maar dit beteken nie almal is bly oor Lalage en Hendrik se belofteshe­rnuwing nie. Lincoln wil elkeen wat in sy pad kom verguis as dit kan beteken hy sal sy doel bereik: om Nina Zamdela vir altyd te vernietig. Obakeng besef intussen dit is gevaarlik om deel van die Zamdela-familie te wees.

 ??  ?? Hendrik rek sy besluit uit wanneer hy tussen sy vrou, Lalage (links) en sy skoonsuste­r-minnares Wendy moet kies.
Hendrik rek sy besluit uit wanneer hy tussen sy vrou, Lalage (links) en sy skoonsuste­r-minnares Wendy moet kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa