TV Plus (Afrikaans)

Fokus nou op die jeug

Ons het die scoops vir tot Maart gekry – so reg uit die perd se bek.

-

Uzalo-fans hou gewoonlik asem op in die eerste week van Februarie wanneer die sepie se nuwe seisoen aanbreek. “Ons begin gewoonlik met ’n massaverfi­lming,” sê die medeuitvoe­rende vervaardig­er Mmamitse Thibedi. “Maar ons doen dit nie die seisoen nie. Ons begin met ’n voorval, iets wilds wat seisoen 5 inlei.” Met Club Genesis in vlamme op Vrydag 1 Februarie en Qhabanga (Siyabonga Shibe) vasgevang in ’n brandende hut, maak Uzalo nie grappe nie! Ons gaan sien hoe Fikile (Nelisa Mchunu), Sbu (Simphiwe Majozi) en GC (Khaya Dladla) die dag hul huis verloor . . .

SEISOEN 5 HANDEL OOR . . .

Die nuwe aflewering gaan hom meer op die jeug toespits as tevore. “Ons het nuwe karakters oor wie ons opgewonde is – kinders wat ons ingebring het. Die seisoen wil ons hê die ouer geslag soos die Nkunzi’s (Masoja Msiza) en die MaNgcobo’s (Dawn Thandeka King) moet boet vir al die gemors wat hulle aangevang het,” sê Mmamitse. “Die kinders is in ’n samelewing wat hulle in krimineelv­orms giet. Hulle kom van êrens af. Daar’s ’n nuwe geslag kinders wat niks het om te verloor nie. Hulle wil hê wat die ou gangsters vermag het. Hulle word gevorm deur wat hierdie ouens gedoen het.”

HALLO, JONGMENSE

“Elke dan en wan moet ons daardie storie van bloed van die begin af met ’n ander karakter oorvertel,” verduideli­k Mmamitse. En in 2019 gaan Uzalo in Nkunzi se verlede grawe – soos baie fans al gespekulee­r het gaan gebeur! “Ons het die MaMlambo-MaNgcoboNk­unzi-dinamika laat verstewig, maar daar gaan ’n verrassing wees, want ons bring ’n volwasse seun in die prentjie wat van buite kom. Dis Nkunzi en Gabisile (Baby Cele) se seun,” verklap Mmamitse. Al is Mxolisi (Nay Maps Maphalala) weg, sal kykers meer van sy stoute liefde

Lilly (Noxolo Mathula) sien – sy is baie meer as net iemand se meisie.

KAMERMAATS

Laastens, hoeveel groot persoonlik­hede kan ’n mens in ’n klein kamer druk? GC, Sbu en Fikile sal dit moet uitpluis wanneer hulle in Februarie kamermaats word. “Sbu en Fikile kan dit nie bekostig om huur te betaal nie en vra GC om saam met hulle in te trek. En natuurlik gaan hy instem, want dis ’n lieflike plek en hy wil nie meer in agterkamer­s bly nie,” onthul Nelisa. “Dit gaan baie interessan­t wees wanneer hulle eers kamermaats is.”

 ??  ?? Nkunzi en MaNgcobo gaan ’n interessan­te gas in die nuwe seisoen kry.
Nkunzi en MaNgcobo gaan ’n interessan­te gas in die nuwe seisoen kry.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa