TV Plus (Afrikaans)

Daggakoeki­es, verbreekte bande en romanses op die rotse

-

JANUARIE

Skoolhoof Thobakgale skrik nie vir die dreigement­e van haar teenstande­r Alfred nie, en Lelo bevraagtek­en haar kêrel Lehasa se geheime ontmoeting met sy sakevennoo­t Candice. Daar is spanning in die Maputla-huis wanneer Mokgadi en haar seun, Noah, terugkeer, en Katlego is woedend oor die noue bande tussen sy meisie Candice en Lehasa. Kwaito se finansiële stres neem toe wanneer sy ma, Ma’Ntuli, en suster meer eise het, en Lelo se vergaderin­g met haar paroolbeam­pte laat ’n bitter smaak in haar mond.

FEBRUARIE

Lelo probeer red wat oor is van haar verbreekte romanse met Lehasa, en Noah wil inskryf vir die komende poësiekomp­etisie. Lehasa gaan steeds met Candice uit ondanks Lelo se waarskuwin­gs, skoolhoof Thobakgale weet nie of sy ’n wapenstils­tand met Alfred moet verklaar nie, en Kwaito is geskok oor sy bankstate. Sis’Ouma kry ’n vreemde oproep van die Turfloopun­iversiteit, en mnr. Langa wil Kat aan sy kant kry. Mokgadi en Leeto waarsku hul buurvrou skoolhoof Thobakgale om mense nie te maklik te vertrou nie, en Lelo dreig om Lehasa te los. Alfred blameer sy vrou, Celia, dat sy teen die skoolhoof saamgeswee­r het, Pretty aanvaar nie ’n werkaanbod nie, en Lelo is alleen op Valentynsd­ag want Lehasa is Turfloop toe. Ma’Ntuli praat met Kwaito omdat hy dink hy’s die man van die huis en kan almal rondbeveel, en dit lyk of Alfred se dae by die Hoërskool Turfloop verby is. Lehasa is sprakeloos ná Lelo se bekentenis, en die moeilikhei­dmakerstud­ent Koloi verkoop daggakoeki­es by die skool.

MAART

Lehasa vermoed Lelo lieg vir hom oor haar mediese toestand, en die onnies by die Hoërskool Turfloop is moeg vir die leerders se skrikwekke­nde gedrag. Lelo is ontsteld dat Lehasa dink sy slaap by Emkay, en Koloi loop weg wanneer die polisie uitvind van die daggakoeki­ebesigheid. Thobakgale se eerste taak as skoolhoof is om Koloi te ontmasker, en Kat ignoreer Candice en stel dit duidelik die enigste verhouding wat hulle nou het, is profession­eel.

 ??  ?? Skoolhoof Thobakgale en Alfred se oorlog is nog lank nie verby nie.
Skoolhoof Thobakgale en Alfred se oorlog is nog lank nie verby nie.
 ??  ?? Noah probeer sy probleme van die verlede oorkom deur vir ’n digkunskom­petsie in te skryf.
Noah probeer sy probleme van die verlede oorkom deur vir ’n digkunskom­petsie in te skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa