TV Plus (Afrikaans)

Smanga op ’n sending

-

JANUARIE

Zitha probeer wanhopig om haar verhouding met Smanga te red, maar hy is behep daarmee om sy familie se besigheid Ezweni van finansiële ondergang te red. Gadaffi is ná ’n foonoproep op die oorlogspad, en Lesedi is in ’n goeie luim danksy haar vriendin Amy. Die nuweling Ayanda doen haar bes om haar eksminnaar Tau te vermy, en Crazy J geniet elke oomblik van sy roem op sosiale media.

FEBRUARIE

Lesedi doen alles om haar nuwe liefdesbel­angstellin­g te beïndruk, en Mazwi weet Sphe lieg vir hom oor waar sy is en wat sy doen. Crazy J se manewales maak sy neef Smanga kwaad, en Tau storm blind van woede by die kantoor uit. Tshidi se waarskuwin­gsklokkies lui ná ’n gesprek met Mazwi oor hul eggenoot, en Zitha se wraakplan gaan in haar gesig ontplof. Smanga besoek sy voormalige skoonfamil­ielid oom Tau, wat terselfder­tyd te doen kry met sy ma, Zondiwe, wat by sy verhouding met Ayanda inmeng. Cosmo en Mrekza se geheime mangrot word bedreig, en Zitha voel of sy beheer oor haar persoonlik­e en beroepslew­e verloor. Crazy J se swak keuses maak sy familie steeds kwaad, maar hy is op die punt om self uit te vind hy is nie so spesiaal soos wat hy dink nie, en Mazwi meen hy het dalk ’n fout gemaak om terug te gaan na Sphe – weer. Gog’Flo weier dat enigeen uit die hoogte met haar praat en sit haar familieled­e op hul plek, en sibbewedyw­ering tussen Tau en Tshidi steek weer kop uit.

MAART

Om Ezweni op sy eie te bestuur blyk uitdagende­r te wees as wat Smanga voorsien het weens die een krisis ná die ander, en Gadaffi besef hy sal sy rokjagterm­aniere moet verander as hy wil keer dat sy huwelik met Tshidi vou. Crazy J word gestraf omdat hy sy neus ingesteek het waar dit nie hoort nie, en Sphe vind op die harde manier uit om met Gadaffi sake te doen was ’n slegte idee. Ayanda wil niks met Tshidi te doen hê nie, en Zitha se toetsuitsl­ae dui op ’n ernstige gesondheid­sprobleem. Lerato erken haar gevoelens vir Mpho is sterker as tevore al het hulle uitgemaak, en polisiebea­mpte Pele, wat onder die dekmantel werk, gaan voort om elke misdadiger wat hy sien in hegtenis te neem.

 ??  ?? Sphe word weer eens tussen haar man Mazwi (links) en Gadaffi vasgevang – maar nie oor ’n verhouding nie.
Sphe word weer eens tussen haar man Mazwi (links) en Gadaffi vasgevang – maar nie oor ’n verhouding nie.
 ??  ?? Zitha gaan in die moeilikhei­d beland wanneer sy wraak probeer neem.
Zitha gaan in die moeilikhei­d beland wanneer sy wraak probeer neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa