TV Plus (Afrikaans)

Verraad, ’n babamagie en komplekse verhouding­s

-

JANUARIE

Ridge is desperaat om uit te vind wat sy halfbroer Thorne soek, en Eric luister aandagtig wanneer Thorne hom vertel wat alles gebeur het terwyl hy in Parys was. Thorne wys vir Brooke sy jongste ontwerpe en al dink sy dit stel die toon vir die toekoms, trek Ridge sy neus op en sê “dis amateuragt­ig”. Sheila is terug en vertel Thorne van Ridge en Quinn se affair, en Steffy kry ’n aangename verrassing: sy is swanger.

FEBRUARIE

Liam is ekstaties oor die nuus dat hy pa gaan word en begin die kinderkame­r beplan en wil speelgoed koop terwyl Steffy wonder of Liam of sy pa, Bill, die baba se regte pa is. Thorne is verbaas om te sien Brooke dra ’n verloofrin­g en sy vertel hom sy het ingestem om vir die hoeveelste keer met Ridge te trou. Steffy droom sy gee geboorte aan ’n baba wat nes Bill lyk. Liam vertel sy broer Wyatt die goeie nuus, en Brooke staar na die gespierde Thorne wanneer hy in ’n eina-swembroek uit die swembad klim. Katie verras haar katelknaap Wyatt in ’n verleideli­ke Kersvaderp­akkie, en Donna (Jennifer Gareis) is terug vir die jaarlikse Forrester-Kersete. Liam kry Steffy se vaderskapt­oets en wil weet hoekom sy so ’n toets nodig gehad het en dwing haar om hom te vertel sy het by Bill geslaap. Intussen vermoed Wyatt iets skort met sy pa, Bill, en vra hom hoeveel hy werklik van Steffy se swangerska­p weet.

MAART

Nicole gee vir Thorne raad oor Brooke, en Steffy wonder hoe haar pa, Ridge, g gaan reageer wanneer hy hoor sy het ’n affair met Bill gehad. Hope ( (Annika Noelle) daag op om onder andere by haar eksman Liam te kuier en ondersteun hom in die moeilike tyd met die swanger Steff fy, en Brooke is sprakeloos wann neer Bill haar vertel hy is verlief o op sy skoondogte­r. Quinn bied a aan Brooke en Ridge kan in h haar en Eric huis trou, en Katie e en Thorne het ’n stomende oomblik terwyl hulle Ridge en Brooke se seremonie beplan. Steffy reik uit na Liam en vra hom om saam te gaan na haar eerste sonaronder­soek, en Thorne T probeer Katie verlei terwyl Wyatt dikbek toekyk.

 ??  ?? Steffy is swanger, maar is haar man Liam die pa?
Steffy is swanger, maar is haar man Liam die pa?
 ??  ?? Bill doen waarin hy uitblink: om families uitmekaar te dryf.
Bill doen waarin hy uitblink: om families uitmekaar te dryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa