TV Plus (Afrikaans)

Broedertwi­s

Ridge en Thorne slaan vuishoue – en sierkussin­gs – wanneer ’n vrou hul broederlik­e wedywering weer laat vlam vat.

-

Die Forrester-seuns het mekaar vanaf Woensdag 23 Januarie weer aan die keel beet wanneer Thorne (Ingo Rademacher) vertel waarom hy eintlik terug is – en dis nie om op die troon te sit as die hoof van die Forrester Creations-moderyk nie. “Hy is terug om die vrou te kry wat hy altyd liefgehad het – Brooke (Katherine Kelly Lang),” verduideli­k Ingo. “Hy is nie hier om sy familie te besoek nie – Thorne is terug om aan Ridge (Thorsten Kaye) te sê: ‘Jy moet oppas, ek gaan jou ook bykom!’” Dis ’n persoonlik­e aanval vir Thorne, wat die familie se Thanksgivi­ng- ete op Dinsdag 1 Januarie ongenooid bygewoon en Ridge laat ophou glimlag het. “Hulle het sedert hulle kinders was altyd teen mekaar meegeding en daar was deur die jare heen ’n ongemaklik­e wapenstils­tand. Hulle het vasgesit oor modes en om die familiebes­igheid oor te neem,” voeg Ingo by. “Vroue was nie die grootste probleem nie – maar dit is Brooke van wie ons praat . . .”

VERSKUILDE AGENDA

Thorne het altyd sy ouer broer Ridge se voorbeeld gevolg. “Thorne is hier om te bewys hy is nie die sagmoedige en gedwee jonger broer wat almal onthou het tot hy Parys toe getrek het nie [2016 in SA, toe Thorne nog deur Winsor

Harmon gespeel is]. Hy het selfvertro­ue gekry in Parys, sy doeleindes bereik en as man gegroei. Hy het besluit dis tyd om op te hou weghardloo­p vir sy familie,” sê Ingo.

Ridge besef alles is nie soos dit lyk met sy broer nie en konfrontee­er Thorne op Woensdag 16 Januarie. In hul warm woordewiss­eling dring Thorne ook daarop aan om lid van die Forrester Creations-span te wees. Ridge het hom jare lank met elke stap afgekraak en hy is nog nie klaar nie en skree: “Jou werk is amateuragt­ig en nie op die Forrester-standaard nie,” waarop Thorne antwoord: “Jy’s ’n boelie, Ridge. Jy is gewoond daaraan om almal om jou te beheer en dit gaan ophou. En nie net om my ontwil nie, maar om al die ander s’n. Jy het mense genoeg mishandel, jy noem my jou klein boetie en jy bedrieg veral Brooke.” Dis wanneer Ridge besef, verduideli­k Thorsten: “Thorne is hier vir meer as om net sy broer aan te vat. Hy’s hier vir Brooke!”

SOEK RAAD

Al probeer hulle twee mekaar tot elke prys vermy, hardloop hulle albei ook op Vrydag 18 Januarie vir raad. “Eric [John McCook] is in die middel vasgevang,” sê John. “Hy sal albei sy seuns gelykes probeer maak.” Ongelukkig boemerang Eric se pogings en op Woensdag 23 Januarie marsjeer Thorne na die Forrester-herehuis om vir Brooke te sê Ridge is nie die een vir haar nie. “Ek het baie oor my lewe en al die mense wat ek verloor het nagedink,” sê hy vir die sprakelose Brooke. “Mense wat ek vertrou het. Mense vir wie ek lief was. Nie een meer as vir jou nie. Jy is ’n ongeloofli­ke vrou. Ek was verpletter toe ons uitgemaak het [in 2011], maar ek het dit aanvaar en toe . . . kom ek huis toe na dít. Jy kan nie met my broer trou nie. As jy met iemand gaan trou is dit ek, Brooke. Jy trou met my.”

Voor Brooke iets kan sê, soen Thorne haar . . . net wanneer Ridge daar instap. “Jy mors nie met my aanstaande nie,” gil Ridge voordat hy ’n hou na Thorne se gesig mik. “Dinge vererger gou en die vuiste klap en die sierkussin­gs vlieg – die twee mans het ’n kussinggev­eg oor Brooke,” lag Ingo.

APPEL VAL NIE VER

Moenie dink Thorne is ’n eenvrouman nie. Teen Maart fokus hy op Katie (Heather Tom), wat by haar gewese stiefseun Wyatt (Darin Brooks) slaap. “Hulle sal by die werk kibbel, maar mettertyd sal Thorne Brooke opgee. Hy’s presies soos sy Casanovabr­oer wat vroue betref,” sê Ingo met ’n groot glimlag. “Dis omtrent al wat hulle gemeen het.”

• Lees meer nuus oor Ingo op bl. 4.

 ??  ?? Die broers (Ridge, links, en Thorne) is gereed vir oorlog.
Die broers (Ridge, links, en Thorne) is gereed vir oorlog.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa