TV Plus (Afrikaans)

Moord en drama

-

JANUARIE

Hope spoor dr. Malcolm op, die bose ou wie se marteling Bo se breingewas veroorsaak en wat hom doodgemaak het, en probeer ’n bekentenis uit hom wurg tot Rafe tussenbeid­e tree. Ben gee Chad ’n uitklophou tydens ’n geveg om lewe en dood en bind hom aan die bed vas saam met Abby ná sy hom smeek om nie van Chad nog ’n dasmoorden­aarslagoff­er te maak nie. Ben kry aanstekerv­loeistof en gooi dit oor die bed, Chad en Abby, en hou die baba in sy arms en steek die bed aan die brand. Caroline kry ’n visioen van Victor wat ’n hartaanval kry, en Belle vra hoekom Sami haar lewe in gevaar sal stel deur die DiMera-fortuin in Belle se bankrekeni­ng te plaas.

FEBRUARIE

Hope martel dr. Malcolm (Adam Leadbeater) omdat hy Bo van hulle weggeneem het, en Ciara word ontvoer. Ben vat die baba en vlug, en los Abby en Chad om dood te brand. Chad los Abby ná Andre hom breinspoel om verlief te raak op Belle, maar Abby ruk hom terug na die werklikhei­d wanneer sy Chad vertel dat Chad en nie Ben nie baba Thomas se biologiese pa is. Victor en Kate se seun Philip Kiriakis (JohnPaul Lavoisier) is terug in Salem en date Belle ná Shawn die egskeiding­sdoku- mente stuur. Ava Vitalli (Tamara Braun), wat obsessief is oor Patch, veins sy is sterwend, en Kayla aanvaar Patch se huweliksaa­nbod, maar Ava het ’n babageheim. Eduardo erken aan John hy’s gehuur om John te vermoor en onthul hul gedeelde verlede, en Eric vermoor Daniel in ’n dronkbestu­urongeluk.

MAART

Maggie moet besluit wie Daniel se hart tydens die oorplantin­gsoperasie kry: Eric of Brady. Nicole rou en Eric word gearrestee­r. Chad vra Abby om te trou, Rafe steek die waarheid weg ná Hope Stefano in ’n woedeaanva­l doodmaak, en Hope erken aan Roman sy het dr. Malcolm vermoor. Andre sweer wraak op Hope en Rafe, Ava gee vir Patch ’n foto van hul seun, en Kayla betrap Ava in die hotelkamer met Joey. Ava ontvoer Kayla om Patch te dwing om hul kind te vind, en Chase hardloop weg wanneer Ciara sien hoe hy Theo boelie. Victor se jonger broer Deimos ( Vincent Irizarry) pers Phillip af om hom te help om Victor te vernietig, en Belle en Phillip slaap saam net voor Shawn (Brandon Beemer) opdaag om die egskeiding te bespreek. John ontmoet sy regte ma, Maude Robicheaux (Eve Brenner), maar sy bedrieg hom, en Patch probeer Ava verlei om Kayla te red.

 ??  ?? Die skurkpolis­ievrou met ’n wrok, Hope, maak Salem se meesterbre­in Stefano dood – vir goed die keer!
Die skurkpolis­ievrou met ’n wrok, Hope, maak Salem se meesterbre­in Stefano dood – vir goed die keer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa