TV Plus (Afrikaans)

Bo se lewe gevier

Salem groet die gevalle held Bo Brady met ’n herinnerin­gsreis.

-

Bo (Peter Reckell) het die dae na sy dood afgetel sedert hy op Dinsdag 8 Januarie na Salem teruggekee­r het. Daar is nie genoeg tyd nie om alles te verwerk van sy suster Kayla (Mary Beth Evans) op Maandag 14 Januarie ’n breingewas by Bo gediagnose­er het tot wanneer hy in sy jare lange liefde Hope (Kristian Alfonso) se arms gesterf het op Maandag 21 Januarie. Days-fans, wees gewaarsku: Peter en Kristian gaan jou in die tonele laat huil, al is daar ’n silwer randjie om Bo se hartverske­urende dood: Hope en Bo se lewe en spesiale oomblikke saam gaan voor ons oë verbyflits (met oorspronkl­ike beeldmater­iaal) op die dag dat hy sterf. “Ek hoop wanneer julle daarna kyk sal dit net so kragtig wees vanweë die geskiedeni­s wat ons almal saam het,” sê Peter. “Ek was regtig trots op die skrywers en hoe hulle dit gedoen het, want dis ’n moeilike ding.” Die familie sal ’n paar kosbaarder herinnerin­gs deel op Dinsdag 29 Januarie, die dag van Bo se begrafnis.

LIED GESING

Peter het ingeskakel vir die episode toe dit in Amerika uitgesaai is op 20 November 2015 om ’n spesiale rede – ’n lied wat deur sy vrou in die regte lewe, Kelly Moneymaker, gesing is. “Ek kyk gewoonlik nie,” erken Peter. “Ek dink wat die mense die meeste geraak het was die herinnerin­gs. Die meeste van daardie tonele is 30 of 20 jaar oud en skets die soort landskap van wie die meeste daardeur geraak is. Dis daardie mense wat hul hoërskool- en kollegeroo­sters verander het sodat hulle die sepie kan kyk – voor DVD’s en DVR’s en terug toe ons Days op ons VCR’s geplaas het.”

TWEE GRAFTE

Bo se begrafnis en waak op Dinsdag 29 Januarie sal in skerp teenstelli­ng wees met hoe Aiden (Daniel Cosgrove) – die moorddadig­e nuwe man wat Bo vermoor het op Dinsdag 8 Januarie om Hope te red – in ’n gat gegooi is (nie gewys nie). Aiden se seun Chase (Jonathon McClendon) staan op 29 Januarie by sy pa se graf en sê: “St. Luke’s gaan vol mense wees. Die koerant sê elke polisielid in die omgewing sal daar wees. ’n Ware heldebegra­fnis. Ek het nie ’n begrafnis vir jou gereël nie; wie sou daar wees? Elkeen in die dorp haat dit wat jy gedoen het. En weens jou haat hulle my ook.” Maar Bo se dogter Ciara ( Vivian Jovanni), wat Chase se nuwe stiefsuste­r is, nooi Chase om by haar familie wat rou aan te sluit.

VIER DIE LEWE

Die begrafnis self gaan vinnig verby (ons sien nie die St. Lukes- deel nie, want dit lyk of die stel nie meer gebruik word nie), maar op die ware Brady-manier kom die familie by die Brady Pub bymekaar vir Bo se waak, wat eerder ’n viering van Bo se lewe is. Soos Bo se ma, Caroline (Peggy McCay), vir Ciara sê: “Bo het die lewe geleef wat hy wou hê. Ek dink ons moet dit vier. Ons moet dit vier dat hy so lank by ons was. En ek dink ons moet stories vertel en na [die Ierse band] The Clancy Brothers luister.” En sy lei die Brady- clan en Bo se vriende wanneer hulle ’n glas lig: “Op Bo Brady, ’n wonderlike man wat sy familie liewer gehad het as die lewe self.” En waar is Hope in die oomblik van viering? Uit om Bo se dood te wreek nes hy vir haar sou doen.

GUNSTELING-BO-OOMBLIK

Peter het in 1983 by Days aangesluit en al sou baie fans dink hy sou ’n Bo-en-Hope-oomblik as sy groot gunsteling kies, kies hy ’n ander soort liefdesver­haal. “Die storie van Roman (Bo se ouer broer, toe gespeel deur Wayne Northrop), waar hy in 1984 dood is en ons op die strand was. Die verhouding [met Hope] het gebeur weens die wedywering tussen Bo en sy broer, die mededingin­g vir Pop (hul veronderst­elde pa, Shawn

Brady, gespeel deur Frank Parker). Iets anders waarheen die skrywers nou teruggaan is die Bo- Patch- (Stephen Nichols) verhouding. Daytime het groot romantiese verhouding­s gehad, maar hulle het vergeet van die manlike vriendskap­pe en die vroulike vriendskap­pe en die ma-pa-seunverhou­dings. Dis kragtig,” sê Peter.

 ??  ?? Die laaste ding wat Bo gedoen het voor hy dood is, was om Hope te soen. Patch, Hope en Kayla treur oor Bo.
Die laaste ding wat Bo gedoen het voor hy dood is, was om Hope te soen. Patch, Hope en Kayla treur oor Bo.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa