TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika BOLD

-

Zoe se pa, dr. Buckingham, soen Taylor om haar te troos ná sy teen Brooke uitgevaar het, en Zoe probeer verstaan hoekom haar pa ’n nuwe lewe in Los Angeles wil begin. Tiffany en dr. Buckingham onderbreek Zander en Zoe wanneer hulle liefderik raak, en Steffy en Liam stry oor of Taylor ’n regte bedreiging vir hul familie inhou (soos die koekoes Quinn eens). Taylor raadpleeg dr. Burr vir hulp wanneer sy besef sy is sielkundig gesproke nie wel nie, Steffy en Taylor vorm ’n band oor herinnerin­gs aan Phoebe, en Sally en Wyatt verklaar hul liefde vir mekaar.

DAYS

Julie kyk terug op haar 50 jaar in Salem, Abby vra Julie se hulp om Gabi te vernietig, en Gabi vang Julie uit net wanneer Julie uitvind Chad is klein Charlotte se pa, nie Stefan nie. Kayla huil by Tripp omdat Patch haar weer eens verlaat het, en Chloe kry ’n brief wat Nicole voor haar dood geskryf het en waarin sy vra Chloe, nie Eric nie, moet Holly grootmaak. Sonny loop kansel toe om met sy nuwe afperservr­iend Leo te trou, maar moenie nou al die trougesken­ke oopmaak nie, ouens! Lucas verruil Salem vir Italië, en Rafe reken met Ted af ná hy hom in Hope se hotelkamer aantref.

Y&R

Victor verdwyn ná hy Tessa ontvoer het, ’n brand breek in die Newman-stalle uit, en Phyllis steek ’n geheim vir Nick weg wanneer Jack by Kerry vlerksleep. Mac keer terug na Genoa City, en Victoria is verras, maar dan gestres wanneer haar seun Reed ook na die stad terugkom om uit te vind wat regtig met JT gebeur het. Cane probeer die strydbyl tussen hom en Devon begrawe, en Ana oorreed Cane om behandelin­g vir sy angstighei­d te kry. Fen wil nader aan Devon en Lola kom, Arturo verdedig die moeilikhei­dmaker Mia, en Nikki maak ’n ongeluk terwyl sy dronk bestuur.

 ??  ?? Nikki slaan nie briek aan met haar fles of kar nie.
Nikki slaan nie briek aan met haar fles of kar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa