TV Plus (Afrikaans)

Guys With Kids

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

-

Tempestt Bledsoe sê om 30 jaar te wag om ’n TV-ma te speel, was langer as wat sy verwag het, maar haar ma-karakter Marny in die sitkom Guys With Kids (2012-2013) was groot pret danksy haar medesterre. “Daar was ’n aanhoudend­e gelag. Ons moes so baie tonele oorskiet weens al die snaakse ad-libs wat niemand verwag het nie. Dit was soos toe ek met TV-werk begin het – dit was meer oor genot as werk,” verduideli­k die 45-jarige.

Sy is al 35 jaar op TV – haar eerste rol, op 10 jaar, was as Vanessa Huxtable in die sitkom The Cosby Show (1984-1992). Tempestt het die rol in twee onverwante reekse, die komedies A Different World (1987-1993) en Instant Mom (2013-2015) hervat. Tempestt sê die beste deel van haar rol was dat sy en haar karakter ewe oud was – sy is op 1 August 1973 gebore, en Vanessa se verjaardag was op 10 Julie 1973. “Ons kon die lewe as een mens ervaar, dit was die lewe wat kuns naboots en andersom,” sê die aktrise. Sy speel nog toneel maar Tempestt is doodgelukk­ig om deesdae huisvrou te speel vir haar kêrel Darryl M Bell. Hulle gaan al uit sedert hulle in 1993 saam in A Different World (hy was Ron) gespeel het, maar beplan nie om te trou nie. Vanessa is in seisoen 7 (1990) van The Cosby Show universite­it toe en so ook Tempestt. Sy het ’n graad in Finansies in 1993 aan die New Yorkuniver­sity behaal maar is bly sy hoef nie ’n gewone 9-tot-5-werk te doen. Haar aanpassing in leefstyl was in 2006 – sy het in 2006 15 kg verloor deur ’n vegetariër te word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa