TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

-

’n Oulike en passievoll­e verpleegst­er, René Spies (Simoné Nortmann), het op Vrydag 11 Januarie by die Binnelande­rsspan aangesluit. “Dis die tweede keer dat ek ’n verpleegst­er speel,” vertel Simoné. “Ek was in 2016 verpleegst­er Irma Humpel in die fliek Vir Die Voëls. My ouma was ’n verpleegst­er en dis heerlik om so ’n rol te vertolk, al weet ek dis ’n beroep wat ek nooit sou kon doen nie.”

Hoe sal jy René beskryf?

Sy’s ’n regte rabbedoe, plat op die aarde en allesbehal­we ’n poppie. Wat jy sien is wat jy kry. Sy raak soms emosioneel en loop met haar hart op die mou, maar René het geen verskuilde agendas nie.

Hoe is René se interaksie met haar kollega Karli (Pascal Pienaar)?

René voel nie maklik deur iemand bedreig nie. Karli is die een wat met haar skoor soek en vyandig teenoor haar is. Sy versprei stories oor René wat haar reputasie skaad, maar René laat haarself goed geld.

Jy het van 2013 tot 2015 die rol van Nadia Croukamp in 7de Laan (2000-nou) gespeel. Hoe voel dit om terug te wees in sepieland?

Ek hou van improvisas­ie en die grootste uitdaging is om elke woord van die teks perfek te sê. Ek hou ook nie van roetine nie, maar nadat ek die afgelope drie jaar vryskutwer­k gedoen het, is dit vir my lekker om standvasti­gheid te hê en elke dag na dieselfde plek te gaan en met dieselfde span akteurs te werk.

Hoe was jou eerste dag by Binnelande­rs?

Dis altyd senutergen­d om by ’n nuwe plek te begin werk, maar almal was so tegemoetko­mend. Stark Films is ’n geoliede masjien!

Vertel meer van René se verlede?

Sy kom van ’n klein dorpie en het ’n geskiedeni­s wat mans betref. Maar dit gaan als uitkom, ek kan dit nie nou al verklap nie. Lees meer op ble. 18-19.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa