TV Plus (Afrikaans)

NCIS: Los Angeles

Seisoen 10 M-Net (*101) 20:00 Aksie

-

Daar is baie onbeantwoo­rde vrae wanneer die aksiereeks NCIS: LA (2009nou) terugkeer. Seisoen 9 het geëindig (Oktober 2018) met die onseker lot van Deeks (Eric Christian Olsen), Kensi (Daniela Ruah), Sam (LL Cool J) en Callen (Chris O’Donnell) nadat die Mexikaanse kartel hul ontsnappin­gsvoertuig opgeblaas het. “Dit begin met ’n knal,” sê die uitvoerend­e vervaardig­er Scott Gemmill. “Ons spring met ’n vaart weg minute nadat seisoen 9 geëindig het.”

Ons weet niemand gaan ongedeerd van hierdie aanval afkom nie. “Sommige van hulle is ernstig beseer, soos Deeks wat beswaarlik asemhaal. Dit sal dus ’n paar episodes duur om die uiteindeli­ke uitkoms te bepaal,” sê Scott. “Die ongemagtig­de Mexiko-sending gaan die res van die seisoen ’n impak hê en sal hulle ’n ruk lank beïnvloed.” Een agent wat nie oorleef nie, is Hidoko (Andrea Bordeaux), wie se verbrande liggaam in episode 1 in die uitgebrand­e ontsnappin­gsvoertuig gevind word. “Hierdie verlies gaan swaar druk op die span,” sê Scott, wat ook onthul die fan- gunsteling Hetty Lange (Linda Hunt) sal vir die grootste deel van die seisoen afwesig wees. Linda was in ’n motorongel­uk betrokke en die skrywers het besluit om haar net vir stemwerk te gebruik sodat die 73-jarige aktrise vir seisoen 11 kan herstel.

Die goeie nuus vir Kensi en Deeks se fans is dat hul verlowing aan die einde van seisoen 9 net tydelik verbreek is. Ná hy mediese aandag gekry het, erken Deeks hy was verkeerd en vra Kensi om te trou. Die slegte nuus is die trouklokke lui eers later in die seisoen . . . tensy iets anders in die pad kom.

 ??  ?? Van links: Sam, Deeks, Kensi and G Callen.
Van links: Sam, Deeks, Kensi and G Callen.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa