TV Plus (Afrikaans)

A Million Little Things

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 21:00 Drama

Selfs al het hy ’n B- graad in besigheid en finansies, sou David Giuntoli nooit die korporatie­we wêreld betree nie. Sy karakter in die dramareeks A Million Little Things (2018-nou) werk ook nie in ’n kantoor nie – David speel die musiekonde­rwyser Eddie, wat hy sê is byna so mal oor musiek as oor toneelspee­l.

1 David kom oorspronkl­ik van die sportmal Milwaukee, Wisconsin, maar het nooit sport beoefen nie: “Ek was lomp. Ek het ’n groot kop en om op die basketbalb­aan rond te hol sou nie werk nie,” sê hy.

2 Die 38-jarige het in graad 10 uitgeskiet en het sedertdien 1,8 meter lank geword.

3 Hy beweer hy het nooit MTV gekyk nie, maar sy eerste toneelspel­werk was op dié kanaal – hy het in 2003 ’n rol gekry in die realiteits­reeks Road Rules (1995-2007) en het saam met vyf vreemdelin­ge in ’n ontspannin­gsvoertuig gebly terwyl hulle ’n reeks uitdagings regoor die staat moes uitvoer.

4 David is die beste bekend as speurder Nick Burkhardt in die donker fantasiere­eks Grimm (2011-2017). Hy’t so baie van die rol gehou, hy het ná die verfilming sy karakter se kar gekoop.

5 Hy is doof in sy linkeroor, maar het nooit onthul hoe dit gebeur het nie. Die enigste ding wat hy sal sê is “dit maak die sitplekke by restaurant­e ’n nagmerrie, want die mense word so geplaas dat ek gesprekke kan hoor”.

6 David se enigste huwelikspr­obleem met sy swanger aktrisevro­u Bitsie Tulloch (Eve in Grimm) is sy “het die vreemdste koshunkeri­ngs, maar ons het alles in ons twee spense”. Hulle verdeel hul tyd tussen LA en Oregon.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa