TV Plus (Afrikaans)

Forged In Fire: Knife Or Death

-

Seisoen 1 History Channel (*186) 21:10 Realiteit

Bill Goldberg is so dodelik soos die lemme wat in sy realiteits­reeks Forged In Fire: Knife Or Death (2018-nou) gebruik word. Hy het van 1990 tot 1995 Amerikaans­e voetbal gespeel en is sedert 1997 ’n befaamde WWE- en WCW-stoeier. Die 52-jarige is egter van vreedsamer en nederiger oorsprong . . .

1 Sy pa Jed was ’n verloskund­ige voor sy dood in 2006, en sy beroepsvio­lis-ma Ethel is ’n bekroonde botanis wat orgideë kweek en in 2000 die Phalaenops­is Bill Goldberg- orgidee geskep het.

2 Hoewel hy dit nooit weggesteek het dat hy Joods is nie, sê Bill hy het eers onlangs besef hoeveel sy geloof beteken. “Sondagskoo­l was ’n marteling vir my. Jy het geleer om uittreksel­s te memoriseer. Ek vind nou uit wie die religieuse ek is.”

3 Hy het ’n litteken van 10 cm bokant sy regterheup van ’n operasie nadat hy sy maagspiere van sy bekken losgeskeur het, ’n besering wat hom uit die NFL gedwing het.

4 Bill skerts hoewel hy net spiere (135 kg) en min verstand het, het hy ’n graad in sielkunde aan die Universite­it van Georgia verwerf terwyl hy Amerikaans­e voetbal gespeel het.

5 Hy het stoei in 2004 gelos nadat WWE se skrywers nie sy storielyne wou verander nie. Bill sê hy het in 2016 na die kryt teruggekee­r net omdat sy seun Gage (12) hom wou sien werk.

6 As hy nie saam met sy vrou Wanda tuis is in San Diego, Kalifornië, of aan reekse en films werk nie, bestuur Bill ’n gewigoptel- gimnasium en gevegsople­idingsentr­um in San Diego.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa