TV Plus (Afrikaans)

GAME OF THRONES

-

Terwyl fans die dae aftel tot die finale seisoen 8 van die fantasiere­eks Game Of Thrones (2011– nou) begin, het die produksien­etwerk HBO ons ’n voorsmakie gegee van wat in die voorfliekr­eeks te wagte kan wees deur van die spelers bekend te maak – en daar is meer vroue as wat verwag is. SJ Clarkson (regisseur van die tronkdrama Orange Is The New Black, 2013nou) sal die reeks, wat al in 2020 uitgesaai kan word, regisseer en sy sal bygestaan word deur die oorhoofse vervaardig­er Jane Goldman (2011-sci-fliek X-Men: First Class) wanneer hulle episode 1 later vanjaar skiet.

Soos reeds berig vertolk Naomi Watts die hoofrol en die rolverdeli­ng sluit in Jamie Campbell Bower (Caius in die fantasie-franchise Twilight, 2008-2012), Sheila Atim (Limehouse Nell in die periodedra­ma Harlots, 2017-nou), Georgie Henley (Lucy in die Narnia-flieks, 2005-2010), Alex Sharp (Enn in die 2017-sci-fi-komediefli­ek How To Talk To Girls At Parties) en Toby Regbo (Aethelred in die historiese drama The Last Kingdom, 2017– nou). George RR Martin, skrywer van die boeke waarop Game Of Thrones en hierdie reeks gegrond is, skerts dat hy dit The Long Night (soos die boeke) wil noem, maar “dit sal help as ek dit eers klaar geskryf kry”.

 ??  ?? Naomi Watts en Jamie Campbell Bower is bevestig vir die voorfliek van die Game Of Thrones-reeks.
Naomi Watts en Jamie Campbell Bower is bevestig vir die voorfliek van die Game Of Thrones-reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa