TV Plus (Afrikaans)

CRIMINAL MINDS

-

Ná 15 seisoene is die dossiere in die misdaad-aksiereeks Criminal Minds (2005-nou) gesluit en die finale 15de aflewering word in die 2019/2020-seisoen uitgesaai. Vreemde tydsbereke­ning g aangesien die uitvoerend­e vervaardig­er Erica Messer onlangs gesê het sy voorsien die reeks sal onbepaald voortgaan omdat dit gegrond is op die sielkunde van menslike gedrag wat eindeloos is. Erica het gesê “Ons is so dankbaar CBS het ons gewaarsku. Een van my grootste vrese was dat ons dalk nie sou weet die reeks word gestaak nie. Maar CBS respekteer die reeks, akteurs, produksies­pan en fans genoeg om dit behoorlik af te sluit.” Die akteurs, ook AJ Cook (Jen), het nog nie kommentaar gelewer nie.

 ??  ?? AJ Cook (links) en Daniel Henney het een seisoen op Criminal Minds oor.
AJ Cook (links) en Daniel Henney het een seisoen op Criminal Minds oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa