TV Plus (Afrikaans)

NETFLIX

-

Die stroomdien­s Netflix laat gebruikers toe om programme op tot vyf toestelle te kyk as hulle ’n premiereke­ning het. Maar intekenaar­s wat die aanmelding­sbesonderh­ede van hul rekening deel met mense wat nie in dieselfde huis woon nie, is ’n duidelike taboe in die voorwaarde­s. Om die bedrieërs vas te vat, het Netflix nuwe tegnologie wat rekenings met gedeelde aanmeldbes­onderhede sal sluit. “Die deel van besonderhe­de het te duur geraak om te ignoreer,” sê Jean-Marc Racine, hoofproduk­beampte by Netflix. “Ons hoop dit sal eerlikheid en integritei­t by gebruikers bevorder.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa