TV Plus (Afrikaans)

Wantroue tussen geliefdes

Diederik se huwelik wankel ná sy kankerdiag­nose.

-

Diederik (Hennie Jacobs) het nie lank op die wolke geloop ná sy troue met Olivia (Nadia Herbst) nie. Kanker is onlangs by hom gediagnose­er en die nuus het hom byna soos handomkeer verander. En dit lyk of krake reeds besig is om te begin wys in sy haastige huwelik.

TOEKOMSPRO­BLEME

“Dit lyk na breinkanke­r,” sê Hennie oor sy karakter se diagnose. Diederik weet hoe siek dit jou kan maak, want sy neef Marko (Francois Lensley) het in 2016 ook breinkanke­r gehad en toe vreeslike hallusinas­ies gekry wat byna sy lewe verwoes het.

Olivia doen haar bes om haar man te ondersteun, maar sukkel om positief te bly. “Sy besef sy lewensgeha­lte gaan dalk nie altyd wees soos dit was terwyl hy gesond was nie en probleme om met ’n gesin te begin, kan in die toekoms vir hulle opduik,” sê Nadia.

MOENIE MOED OPGEE NIE

Alexa (Carina Nel), Diedie se dokter en vriendin, sien hoe sy siekte sy huwelik beïnvloed en probeer Olivia oorreed om nie moed op te gee nie. “Alexa sê vir Olivia Diederik kan met die regte behandelin­g en ondersteun­ing genees word,” sê Nadia.

Olivia se eks-kêrel Rickus (André Lotter) probeer Olivia ondersteun en gee vir haar ’n drukkie, maar wanneer Diedie die “omhelsing” sien, maak hy die verkeerde afleiding. Hy is dadelik agterdogti­g en oorweeg dit om weer dwelms te gebruik om van sy seer en moeilike situasie te vergeet.

WEES GEDULDIG

Dinge is gespanne tussen die pasgetroud­es en Matrone (Annelize van der Ryst-Hattingh), Olivia se baas by die boekwinkel, onderbreek een van hul argumente. Olivia vra later raad by Matrone, want sy het immers eerstehand­se ervaring van kanker: Sy het in 2015 borskanker oorwin. “Matrone verduideli­k vir Olivia mense met kanker wil nie ’n las wees nie, en as sy wil hê Diederik moet oopmaak moet sy geduldig wees.”

GAAN DIT WERK?

Olivia neem Matrone se raad ter harte en haar verhouding met Diedie verbeter geleidelik, maar kort voor lank is daar weer ’n terugslag – en dis darem baie gevra van ’n paartjie wat pas trou aan mekaar beloof het . . .

 ??  ?? Olivia (inlas) weet nie hoe om haar siek man, Diederik, te ondersteun nie.
Olivia (inlas) weet nie hoe om haar siek man, Diederik, te ondersteun nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa