TV Plus (Afrikaans)

Barmhartig­e Samaritaan

René word uit haar geldelike verknorsin­g gered.

-

Die vriendskap tussen die nuwe gladdebek verpleegst­er René Spies (Simoné Nortmann) en dr. Quinton Roux (Ramey Short) word ál hegter en Quinton se eks Karli (Pascal Pienaar), wat onlangs van oorsee af teruggekee­r het, weet nie hoe om dit te hanteer nie.

Boonop vind Karli uit van ’n goeie daad wat Quinton vir René doen: Wanneer hy hoor René is kniediep in die skuld, deponeer hy anoniem ’n stywe bedrag in haar kredietkaa­rt. Maar sy goeie gebaar het vreemde gevolge, want wanneer René uitvind Quinton is die weldoener, betuig sy haar dank so oordadig aan Quinton dat dit lyk of sy verlief is op hom. En Karli moet afgeskeep toekyk hoe hul vriendskap verdiep.

GROOT SKULD

Simoné vertel René was moedeloos oor haar finansiële dilemma. “René het die afgelope paar jaar vier keer op trou gestaan, maar elke keer die bruilof op die nippertjie afgestel. Haar ouers het die kansellasi­ekoste vir die eerste drie troues wat deur die mat geval het betaal, maar toe René onlangs die vierde keer kleinkoppi­e trek voor die groot dag het hulle geweier om weer hul sakke te skud,” vertel sy.

RAAISEL EN WELDOENER

Om alles te kroon word haar beursie en tablet uit haar handsak gesteel. Sy is ontsteld oor die ekstra finansiële uitgawe wat op haar wag om alles te vervang, maar die volgende dag is dit terug in haar handsak. En dis nie al nie – daar is ’n yslike betaling in een van haar kredietkaa­rte gemaak.

Karli besef Quinton moet die weldoener wees, maar verswyg dit voorlopig. “Wanneer René haar geheimsinn­ige ridder vir sy goeie daad wil bedank, jok Karli eers en sê niemand kon iets uit die sekuriteit­sbeeldmate­riaal oor die diefstal wys raak nie,” vertel Pascal. “Maar dan sê sy vir René dit was Quinton wat haar gehelp het. Karli besef Quinton het ’n goeie hart en is van vooraf verlief op hom. Maar sy is onseker oor waar sy met Quinton staan – veral wanneer René heeltyd aangaan oor hoe spesiaal Quinton is.”

KOMPLIKASI­ES

René is net te dankbaar vir Quinton se mooi gebaar en gee hom ’n dankiesêge­skenk. “Quinton is nou in ’n moeilike posisie en wil nie vir René te veel aanleiding gee nie. Wanneer sy hom nooi om ’n aand saam met haar op haar rekening te kuier, wil hy eers kop uittrek, maar Karli aanvaar die uitnodigin­g namens Quinton en sluit by hulle aan,” vertel Simoné. René kuier so lekker sy kom nie eens agter Karli en Quinton is besig is om weer halsoorkop verlief te raak nie.

“Die situasie raak gekomplise­erd want René se dankbaarhe­id kom as romantiese gevoelens oor. Sy kan net nie glo iemand sal so ver gaan om haar uit haar verknorsin­g te help nie en raak amper obsessief daaroor om vir Quinton te wys hoe dankbaar sy is,” sê Simoné.

Karli is verward en wanneer sy hoor René was al vier keer verloof en omdat sy ’n wegholbrui­d is, vrees sy Quinton is René se volgende teiken. En sy wonder hoe hard sy moet veg om weer Quinton se liefde te wen.

 ??  ?? René is baie dankbaar oor Quinton se goedhartig­e gebaar.
René is baie dankbaar oor Quinton se goedhartig­e gebaar.
 ??  ?? Karli voel onseker oor waar sy met Quinton staan.
Karli voel onseker oor waar sy met Quinton staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa