TV Plus (Afrikaans)

Skok-onthulling

Adler is Annelize en Monique se pa.

-

Annelize Roux (Cindy Swanepoel) is steeds geskok om te dink die geslepe Brett Adler (Anton Schmidt) is haar biologiese pa. “Eintlik wens Annelize sy het nooit die waarheid uitgevind nie, want Adler is seker die man vir wie sy die minste respek op aarde het. Sy is diep ongelukkig oor die nuus,” vertel Cindy.

Annelize wil haar suster Monique (Elani Dekker) teen Brett beskerm, maar Monique is gretig om haar pa te leer ken en wil Adler ’n kans gee om vir sy foute van die verlede te vergoed. “En albei susters spook met brandende vrae wat slegs Adler kan beantwoord,” voeg Cindy by. Maar Adler het sy eie agenda.

VREEMDE FAMILIE-BYEENKOMS

Annelize en Monique vra Adler om hulle in Annelize se woonstel te kom besoek, want hulle het talle vrae oor hul verlede wat hulle wil opklaar. “Maar dis ’n ongemaklik­e situasie, al lyk dit asof Adler nou wil regmaak wat hy verbrou het.”

Ná die vreemde ontmoeting besluit Monique sy het nog vrae oor wie hul regte ma is, en sy en Annelize het ’n lelike uitval omdat Monique Adler weer wil sien. “Monique is beslis die emosionele een en Annelize die rasionele een,” sê Elani en voeg by dis omdat Annelize Adler beter ken dat sy weet hoe slu hy kan wees.

AGTERDOG

Annelize is nie al een wat haar bedenkinge het oor hoekom Adler nou deel van hul lewe wil wees nie. At Koster (Hans Strydom), Binneland-kliniek se grootbaas en Adler se aartsvyand, waarsku Annelize Adler gaan haar vir eie gewin gebruik.

Ook Delia (Odelle de Wet), wat saam met Adler by Southern Hope – Binneland-kliniek se mededinger­s – werk en onlangs afgedank is, kom op verdoemend­e getuienis af dat Adler iets in die mou voer. Sy waarsku Annelize om van Adler weg bly. Maar Annelize is baie deurmekaar. “Sy weet nou glad nie meer wie sy kan vertrou en wie nie,” vertel Cindy. Sy wonder of At en Delia nie net hul eie belange beskerm nie: At vrees Annelize en Monique kan hom verraai vir Southen Hope, en Delia kan wraak wil neem omdat sy afgedank is.

En binnekort gaan Adler se geheim verreikend­e gevolge vir die susters en die hele Binneland-kliniek hê.

 ??  ?? Annelize en Monique konfrontee­r Brett Adler oor hul verlede.
Annelize en Monique konfrontee­r Brett Adler oor hul verlede.
 ??  ?? Annelize wil Monique teen Adler beskerm.
Annelize wil Monique teen Adler beskerm.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa