TV Plus (Afrikaans)

STRYDENDE FAMILIES

-

As jy nou eers inskakel, moet jy hierdie name onthou:

Kgosi Rratladi Tladi (Sam Phillips)

Die Ooruil is die hoof van die Tladi-familie. Kgosi weet sy dae is getel en hou die jong bul Itumeleng dop om te sien of hy 'n waardige opvolger is in wie se hande sy mense veilig sal wees.

Itumeleng Tladi (Shona Ferguson) Die Buffel is charismati­es en beskerm sy gemeenskap met 'n ystervuis. Die opvolger het geen twyfel oor die oorname van sy pa, Kgosi, se titel nie – hy het die selfvertro­ue van sy geboortere­g en is sedert sy geboorte vir die pos voorberei.

Modise Tladi (Tumisho Masha)

Die Luiperd is Itumeleng se beginselva­ste jonger broer wat dink hy het als uitgewerk. Hy het vir homself 'n lewe in die stad uitgekerf en is op die kruin in sy beroep en persoonlik, danksy 'n verleideli­ke meisie en suksesvoll­e advertensi­emaatskapp­y. Marang Lebone (Connie Ferguson)

Die Leeuwyfie is die Lebone-familie se matriarg. Tragiese omstandigh­ede het haar te vroeg in die rol gedwing van moeder en beskermer van haar twee jonger broers Tiro en Khumo maar die bande is verpletter. Kan sy die wonde genees, of gaan sy haar familie vir altyd verloor? Tiro Lebone (Putla Sehlapelo) Die Olifant is 'n miljoenêr wat sy fortuin deur SEB-

transaksie­s gemaak het. Maar geld kan nie alles koop nie – Tiro het geen liefdeslew­e nie en hy skuld sy suster Marang wat alles vir hom opgeoffer het.

Khumo Lebone (Nat Ramabulana) Die Hiëna is 'n geslepe sakeman wat opkyk na sy broer Tiro as 'n steunpilaa­r en rolmodel. Hy het nie 'n probleem om mense in die rug te steek vir vooruitgan­g nie.

Tristan van Reenen (James Alexander)

Die Visarend is die hoof van bewaring van die wildoord. Hy's passievol oor sy werk en soos sy pa, Karel, wil hy die bosveld en die grond waarop Dinaledi gebou is, beskerm.

Kate van Reenen (Milan Murray)

Die Cheetah is rusteloos en wispelturi­g maar haar liefde vir Dinaledi kwyn. Sy het na die lodge getrek vir haar man, Tristan, se werk maar mettertyd neig sy ál meer na vernietigi­ng. Amber van Reenen (Amber van Rensburg) Die Baba-vlakvark is Kate en Tristan se avontuurlu­stige dogter. Haar grootste probleem is dat haar ma wil hê sy moet eerder valletjies­rokke dra as om saam met diere rond te hardloop. (Tyrone

Jack van Reenen

Keogh)

The Wildehond is lodgebaas Itumeleng se getroue tweede-in-bevel en hoofveldwa­gter. Hy is 'n alfahond wie se byt net so erg soos sy blaf kan wees as Itumeleng hom loslaat.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa