TV Plus (Afrikaans)

Meng besigheid en plesier

Katlego en Lelo vergeet van hul verskille wanneer hul minnaars Candice en Lehasa te nou saamwerk.

-

Katlego (Patrick Seleka) het twee messe in sy rug – ingedruk deur sy sakevennoo­t-meisie Candice (Liza van Deventer). Sy het gelieg oor haar ontmoeting­s met hul oneerlike sake-belegger Lehasa (Cedric Fourie) en erger, sy probeer hul gesamentli­ke restaurant Capsy’s vir haarself koop. “Die hartseer ding is Kat het altyd gedink hy en Candice voel eenders oor die bestuur van Capsy’s,” onthul Patrick met ’n sug. Hul plan was om dit by Lehasa te koop, dit Turfloop se in-plek te maak en dan hul winste in ander Polokwane-restaurant­e te belê. Maar dit lyk of Candice ander planne het wat Kat uitsluit.

HOEKOM HY?

“Wat die seerste maak is Candice het ’n band gevorm met dieselfde man wat hulle mislei het om ’n kontrak met ’n geheime klousule te onderteken. Dit t beteken Lehasa sal nooit die restaurant aan hulle verkoop nie,” verduideli­k Patrick. Katlego en Candice het gedink hulle kon die besigheid koop ná hulle ’n bepaalde omsetpunt bereik het, maar Lehasa laat nie die kontantkoe­i sommer gaan nie, veral wanneer dit hom help om geld te was. “Candice sou stilletjie­s haar en Kat se aandele vir haarself koop. Sy glo sy kan Lehasa oorreed om die res van die restaurant aan haar te verkoop, maar net as Kat nie daar is nie,” voeg Patrick by.

TAG-SPAN

Lelo (Amanda du Pont) is in dieselfde bootjie – sy wil hê haar kêrel Lehasa moet van Candice wegbly. “Met Kat aan haar kant is daar twee mense wat Lehasa en Candice kan dophou en keer dat hulle iets doen wat hulle nie veronderst­el is nie,” verduideli­k Amanda. Lelo is woedend wanneer Lehasa weer vir haar lieg oor waar hy was. Sy gaan g later deur sy foon en sien die SMS’e S tussen hom en Candice. “S “Sy’s vas oortuig Lehasa verkul h haar,” sê Amanda. “Kat het h haar in Januarie vertel Lehasa h het Candice met ’n aanbod p probeer nader toe hulle Ca Capsy’s begin het, dus kan dit net Candice wees wat hom van Lelo weghou.” Sy wil Lehasa nie wegdryf met haar gedurige klaery nie, maar dis ook moeilik om Candice nie te konfrontee­r nie, want dit sal met ’n rusie eindig, sê Amanda. Die laaste keer dat Lelo haar emosies toegelaat het om te seëvier was in 2016 toe sy gif gebruik het om van ’n vyand ontslae te raak. ’n Vyand soos Candice.

 ??  ??
 ??  ?? Lehasa is versigtig dat Lelo nie sy besigheid vernietig nie.
Lehasa is versigtig dat Lelo nie sy besigheid vernietig nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa