TV Plus (Afrikaans)

4 – 8 FEBRUARIE

-

Nkunzi se gladde nuwe plan behels nie geweld of ’n karkaping en diefstal nie, maar sy optrede beproef MaMlambo se geloof. Zekhethelo hoor van ’n interessan­te geleenthei­d, en Gabisile kry slegte nuus oor haar seun, wat haar aanspoor om iets te doen wat sy al jare tevore moes doen. Qhabanga is vasbeslote om by die eintlike rede vir die kerkroofto­g uit te kom, en Mr. Mbatha kry meer as wat hy verwag het. Die Xabas vrees Njeza kan reguit terug tronk toe gaan, en MaNgcobo leer haar “seuns” ’n onvergeetl­ike les. Iemand moet nederig wees wanneer sy ’n plek nodig het om te bly, maar Mrs. Madlala voel dalk nie genadig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa