TV Plus (Afrikaans)

Tenda se krygsprins­es

Sundani sal enigiets doen om haarnuwe minnaar, Tenda, te beskerm, selfs haar koninklike familie die rug toekeer.

-

’n Botsing tussen konings nader Thathe wanneer hoofman Azwindini (Gabriel Temudzani) en Mulalo (Sydney Ramakuela) hul spiese skerp maak. Hulle soek wraak op burgemeest­er Tenda (Nat Ramabulana) ná sy eks-gevangene broer Tshamano (ook deur Nat vertolk) die hoofman se oudste seun Mulondo (Ndamulelo Mbuwe) vroeg in Januarie doodgemaak het. Die twee dink nie iets sal in hul pad staan nie, en hulle is verras wanneer die rebelse prinses Sundani (Charlotte Mulaudzi) hul pad versper. “Sy is ’n verwoede buffel soos Azwindini en hy sal sekerlik sy moses teenkom as hy met haar kêrel, Tenda, lol,” sê Charlotte laggend.

LOS MY MAN UIT

Sundani weet hoe ver Azwindini sal gaan en hoewel regte wapens buite die kwessie is, beplan die hoofman ’n ander soort aanval: hy gaan Tenda op sosiale media pak, verduideli­k Charlotte. “Hulle kies hierdie sagter aanslag om met hul vyand af te reken. Hulle kan dinge aanlyn manipuleer en wil Tenda voorstel as magshonger en hebsugtig en ’n gevaar vir die koninkryk.” Sundani is lank genoeg in die koninklike huis om te weet hoe om af te luister sonder om betrap te word en sy ontdek die komplot, wat haar haastig na Tenda laat gaan om ’n teenaanval te beplan. Sy gaan Tenda se agent wees, onthul Charlotte: “Sy gaan ’n duidelike boodskap aan Azwindini en sy trawante stuur: bly weg van Tenda.”

SEXY EN STOMEND

Maar M deur vir Tenda kant te kies, sal Sundani teen die koninklike huis te staan kom. “Hulle s sal skadebehee­r toepas en voorgee sy is nie ’n bedreiging nie,” v verduideli­k Charlotte. En sy’s nie bang vir die h hoofman nie, ook nie w wanneer hy haar van v verraad beskuldig nie. “Sy dreigement­e om haar uit te skop beteken niks vir haar nie.” Dis vir Tenda T goed sy minnares Sundani het ’n dik vel, want Azwindini sal telkens terugkom om te kry wat hy wil hê.

 ??  ?? Sundani en Tenda (inlas) bespreek die dreigende aanval.
Sundani en Tenda (inlas) bespreek die dreigende aanval.
 ??  ?? Azwindini gaan sy wonde lek.
Azwindini gaan sy wonde lek.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa