4 – 8 FEBRUARIE
Romeo speel speurder terwyl Xolile besef Mthunzi het een van haar leuens ontdek. Lindiwe kry regsadvies en ’n ernstige waarskuwing. Solomon staan een van Lindiwe se spesiale versoeke toe, Ndu tree in om Sihle van mishandeling te red, en Dintle moet Quinton kalmeer. ’n Groot paniek wag op Wesley en Ingrid wat Shannon insluit, en Yvonne bied haar oormaakdiens aan wanneer Grace en Layla na romanse verlang.