TV Plus (Afrikaans)

Romeo tot die redding!

Die verliefde Romeo is gewikkel in ’n resies teen tyd om Xolile te red voor haar moordlusti­ge man knak.

-

Romeo (Hungani Ndlovu) is baie verlief op Xolile (Sivenathi Mabuya) en hy is dankbaar hy kon haar vertroue wen, maar vrees kom saam met die liefde. Hy weet die man in haar bed Mthunzi (Bongile Mantsai) is bereid om te moor, selfs die wat na aan hom is, as hulle in sy pad is. “Dis skrikwekke­nd want daar’s geen waarborg wanneer hy sal omdraai en dit doen nie,” sê Hungani. “Romeo het opregte gevoelens vir Xolile. Wat hom die bangste maak is hy weet presies watter soort mens Mthunzi is,” sê Hungani. “As sy hom bel, is die eerste wat hy vra, ‘wat gaan aan’ of ‘wat’s verkeerd?’ Hy is gespanne van wag vir iets om te gebeur.” Romeo wil hê Xolile moet haar huwelik oorleef maak nie saak watter strategie sy volg nie – en sjoe, is ons in vir ’n verrassing! “Haar uiterste optrede is ál uitweg om veilig te wees totdat daar genoeg bewyse is om van Mthunzi ontslae te raak,” sê Hungani.

WIE IS JY?

Romeo vrees nie net vir Xolile se lewe nie, hy worstel met die feit dat sy in ’n seksuele verhouding met Mthunzi is. “Hy’s jaloers daarop. Dis duidelik hy ervaar daardie gevoelens,” sê Hungani. Dit vuur sy begeerte aan om van sy mededinger ontslae te raak – en sy onvermoë om dit tot dusver te doen is verpletter­end. “Hy was voorheen eintlik ’n genie. Hy kon ’n misdaad pleeg, dit verdoesel, enigiets van enigiemand uitvind en hy het gevoel hy is onaantasba­ar. Dat Mthunzi hom een voor is in dieselfde spel is ’n massiewe slag vir sy selfvertro­ue.” Romeo kon in die volgende twee weke vorendag met ’n plan om Mthunzi se verlede na te spoor om hom regtig te leer ken. “Met Mthunzi het hy net die legkaartst­ukke wat vir hom gegee is. En hulle pas net nie. Hy behoort nuuskierig­er te wees oor hierdie verdagte ou,” sê Hungani.

GROOTWORD

Dit lyk regtig of Romeo grootword in 2019. “Dis ’n uitdaging want hy is nie noodwendig dieselfde Romeo wat ons ken nie. Dit is ’n toets vir hom noudat hy probeer om sover moontlik die eerlike ding te doen. Dis ’n eerliker weergawe van hom, hy is meer in voeling met sy emosies. Voorheen het ek gevoel hy het dieselfde mens gebly ondanks al die verskillen­de situasies waarin hy hom bevind het. Dit is nou die tyd vir my as akteur om te kyk hoe ek sy groei visueel aan die gehoor kan oordra. Ek geniet dit,” sê Hungani.

 ??  ?? Chumani (inlas) is nie seker Romeo se plan om meer oor Mthunzi uit te vind, gaan werk nie.
Chumani (inlas) is nie seker Romeo se plan om meer oor Mthunzi uit te vind, gaan werk nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa