TV Plus (Afrikaans)

30 JANUARIE – 1 FEBRUARIE

-

Bash oorreageer wanneer hy hoor sy meisie Bongi het sonder sy medewete teen sy baas David saamgeswee­r, en Reneilwe is jammer sy het haar vriendin Sindiswa help werk kry. Bongi hou ’n partytjie om haar oorwinning oor David en Lerato te vier, en Sindiswa beplan nuwe maniere om geld te maak. Die polisie daag op om ’n geheimsinn­ige, beseerde ou te help, en Bash se kop is deurmekaar nadat hy Bongi aangetref en gedink het sy het haar lewe geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa