TV Plus (Afrikaans)

Terug na jou

Wanneer een huwelik misluk, is daar altyd ’n eks wat wag.

-

Gits! Twee weke gelede het Belle (Martha Madison) na die Brady Pub gegaan – met haar nou volwasse dogter Claire (Olivia Rose Keegan) op sleeptou – en onthul haar huwelik met haar voormalige Salem High-liefde Shawn (Jason Cook) is op die rotse omdat hy haar afgeskeep en verkul het. Ons is dus die ene aandag wanneer Belle se eksman Philip Kiriakis (nou vertolk deur JohnPaul Lavoisier) in Salem aankom om die leisels van die Kiriakisgr­oep se Titan-sakeryk oor te neem. Philip, Shawn en Belle was in hul jeug in die vroeë 2000’s in ’n dramatiese liefdesdri­ehoek – gaan die geskiedeni­s homself herhaal? Met Shawn terug in Maine en Belle en Claire wat in Salem woon, kan enigiets gebeur . . .

DIE VONK, DIE VLAM

Philip lyk gretig om die vlam weer te laat brand. Op hul eerste laataand-ontmoeting terg hy oor prokureur Belle wat hom behandel asof hulle getroud is en hy probeer haar vir ete uitnooi. Maar Belle is versigtige­r en glo sy moet haarself en haar lewe regruk en Philip sal te besig wees by sy werk om veel tyd saam met haar deur te bring. Sy is dalk reg. John-Paul skerts die voorheen ongeërgde Philip het nou grootgewor­d. “Ek dra elke dag ’n pak klere in ’n korporatie­we omgeweig. Ek doen manlike dinge, poseer in my pak! Ek het rekenaars en papierwerk en praat oor onderhande­lings met Taiwan en allerlei sake.”

’ N DIMERA-DILEMMA

Maar die romantiese kykers wat droom van ’n Valentynsd­ag-hereniging vir Philip en Belle moet dalk briek aandraai want dis nie net dat albei hope bagasie het nie, Andre DiMera (Thaao Penghlis) het sy eie planne met Belle. Hy glo sy is die sleutel tot die herwinning van die DiMeras se fortuin wat deur Belle se ma, Sami (Alison Sweeney), vroeër in Januarie gesteel is. Daar’s ook die kwessie van Andre se nuwe sending om sy boetie Chad (Billy Flynn) te breinspoel om hom te dwing om Belle te verlei . . .

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa