TV Plus (Afrikaans)

4 – 8 FEBRUARIE

-

Romero sê vir El Tuti hoeveel hy vir haar omgee, en Gallo is buite homself wanneer hy hoor niks kan meer vir sy vrou gedoen word nie en hy behoort die lewensonde­rsteunende masjiene te laat afskakel. Romero sê vir Aida om terug te gaan Mexiko toe en hy vra Victoria vir hulp, en Gallo sweer wraak wanneer hy sy vrou vir oulaas soen. Salvador sê vir Vicenta hy vertrou Romero nie, Mario saai die skandalige video van Domingo en Andrea op nasionale TV uit, en Andrea word later dood aangetref.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa