TV Plus (Afrikaans)

Mnr. Noot Vir Noot

Johan Stemmet sê tot siens met ’n kop vol planne vir die nuwe geslag Noot Vir Noot- kykers.

- Noot Vir Noot

Seisoen 43B Donderdae SABC2 (*192) 19:00

“Tegnologie het ’n groot rol gespeel in my besluit om as aanbieder af te tree en eerder agter die skerms in te beweeg,” bieg Johan Stemmet wat kykers al 28 jaar lank vermaak as die kleurryke gesig van die musiekvasv­rareeks Noot Vir Noot (1991-nou). “Die skrif was aan die muur. Die tyd was ryp vir veranderin­g. Ons reeks het te oudmodies geraak vergeleke met internasio­nale musiekreek­se waar sosiale media deel van regstreeks­e uitsending­s is. Ons moes aanpas,” sê Johan. “En ek dink nie mense wil my gesig nog 30 jaar op TV sien nie,” skerts hy. “Ek wou groet terwyl ek kan. Terwyl die reeks nog vol woema is en voor die ouderdom my oor my woorde laat struikel.”

LANK TERUG

Die besluit om te groet was moeilik. “Ek het al in Maart verlede jaar terwyl ons episodes vir seisoen 43 opgeneem het, geweet ek gaan aftree, maar ek het vir niemand vertel nie. Dit was my grootste wroeging tot nog toe om daardie geheim so dig te bewaar. Ek dink ek het nie eens my familie vertel nie. Hulle het eers einde verlede jaar gehoor toe ek my span ingelig het. Ons was besig om episodes vir die res van seisoen 43 op te neem toe ek hulle die nuus meedeel.”

TROEFKAART

Almal was geskok, maar Johan het reeds ’n troefkaart in sy hand gehad. “Ek het my span vertel ons moet die reeks nuwe lewe gee en dit meer funky maak. Ons het ’n dinkskrum gehou en met verskillen­de formate vorendag gekom. Een van die oorsese reekse wat as inspirasie gedien het, is The Ellen DeGeneres Show [2003-nou],” verklap Johan. Toe hulle die SABC begin vanjaar met die nuwe konsep nader, het hulle onmiddelli­k die jawoord gekry. “Hulle het gedink dis ’n briljante manier om die reeks nog jare lank op TV te hou.”

NUWE NOOT

Noot Vir Noot in sy nuwe baadjie word in Augustus op SABC2 uitgesaai. “Ek wil hê dit moet vir kykers ’n groot verrassing wees,” verduideli­k hy die geheimsinn­igheid oor wat op kykers wag.

Een van die groot veranderin­gs is dat die orkes, die Musiekfabr­iek, ook hul instrument­e wegbêre. “Ek het voor die orkes gestaan en nie altyd direk kontak met hulle gemaak nie, gevolglik bring ons met die nuwe formaat iets eiesoortig­s na die reeks.”

Die teikengeho­or verander ook. “Ons wou iets skep wat meer op die jonger mark gerig is en wat by hulle aanklank sal vind, daarom het ons ’n paar tegnologie­se elemente inbring wat ons nooit te vore op Noot Vir Noot gehad het nie.”

Die ander veranderin­g is die aanbieders. Ja, daar gaan meer as een wees! “Daar sal ’n hoofaanbie­der wees, ’n bekende man in die musiekbedr­yf, en ’n mede-aanbieder, ’n oulike vrou wat mense sal herken. Ons het hulle reeds gekies, ons moet nou net so vinnig moontlik met opnames begin.”

GEEN TRANE

Ouer aanhangers hoef nie te skrik vir die veranderin­gs nie. “Ek belowe hulle sal net so lekker kan saamsing. Kyk, ons was jare lank in hul sitkamers, met amper 700 episodes en net so duskant 2 000 deelnemers. Ons was amper deel van hul families. Ek wil nie hê mense moet hartseer wees dat ek weggaan nie. Nee, vee die trane af en wees bly, want julle het nog nooit só ’n show gesien nie, en ek verdwyn nie heeltemal nie.”

 ??  ?? Kyk hoe kyk hy vir ons.” Johan Stemmet roep Noot vir Noot vaarwel toe as aanbieder.
Kyk hoe kyk hy vir ons.” Johan Stemmet roep Noot vir Noot vaarwel toe as aanbieder.
 ??  ?? Johan en sy musiekmaat­s, die Musiekfabr­iek.
Johan en sy musiekmaat­s, die Musiekfabr­iek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa