TV Plus (Afrikaans)

Afspraak met avontuur

Ons het met The Longest Date- aanbieder, Chris Jaftha, gepraat vir sy scoop oor hoe om liefde te vind op realiteits-TV.

-

In die afspraak-realiteits­reeks The Longest Date (2019-nou), is 16 dapper mense – wat deur die reeks se kenners in pare ingedeel is – op soek na liefde wanneer hulle avontuurui­tdagings regoor Mpumalanga aanpak. Chris Jaftha is die man wat ons deur alles lei as gasheer en aanbieder, en hy deins nie terug vir romantiese gevaar nie. “Ek date nie regtig nie, maar ek kan een of twee afsprake onthou wat regtig lank en ongemaklik gevoel het,” erken hy voor hy lag. “Ek voel verleë om dit selfs te sê, maar ek het ’n date gehad in Mannheim, Duitsland, wat my gesig wou lek en aan my oksels wou ruik. En ek het gedink: ‘Oukei, weet jy wat? Dit gaan nêrens heen nie’.”

BY DIE EERSTE AANBLIK

Soos die reeks se alsiende oog het Chris gou die pare gemerk wat ver behoort te vorder. “Daar was al sekere konneksies in die busuitstap­pie, maar een paartjie wat mekaar skaars raakgesien het, het dadelik ’n konneksie gehad nadat hulle in episode 1 saam geplaas is. Die romanse was van die begin af duidelik in episode 2 en dit het in intensitei­t toegeneem soos die seisoen gevorder het. Dit het van die ander pare laat wonder, want hulle wou ook hê wat die twee het. ’n Ander paar is beskou as die twee wat die heel waarskynli­kste verlief sou raak, maar dinge werk nie altyd uit soos ’n mens dink dit sal nie . . .” terg Chris.

DIE DOEL VAN DIE SPEL

Volgens Chris het die pare wat regtig die speletjie gesnap het, ’n belangrike ding verstaan: “Hulle het aan die spel begin deelneem met ’n oop hart en kop. Hulle het hulself die kwesbaarhe­id toegelaat om die verhouding te laat werk,” sê hy. “Die spel gaan in wese nie regtig oor die uitdagings nie; dit is ’n medium om die pare te help om by mekaar aansluitin­g te vind. Die pare wat dit besef het, het goed gevaar.” Die uitdagings het ook gehelp om elke hopelose romantikus en TV-vervaardig­er se groot vrees uit te skakel: dooie lug. “Die inhoud wat ons van die pare gekry het omdat hulle die uiterste uitdagings moes uitvoer, was goud werd. Wanneer die druk jou tref is dit soos wanneer ’n mens ’n vrug druk: as jy ’n suurlemoen uitdruk kry jy suurlemoen­sap. En as jy ’n lemoen uitdruk, lemoensap,” sê Chris.

WEES EG

Kan ’n mens regtig liefde vind in ’n realiteits­reeks? Chris glo dis beslis moontlik – maar die regte uitdaging sal wees om daardie liefde aan die gang hou. “Ons het 13 episodes binne 15 dae [laat in 2018] geskiet. Die pare het ná drie dae gevoel of hulle al twee weke daar is en ná ses dae of dit twee maande was, ensovoorts. Hoe meer ekstreem die omstandigh­ede raak waarmee jy en jou maat te doen kry, hoe meer leer julle mekaar ken en vind jy soveel meer in die persoon om voor lief te raak. Maar dan moet jy lief wees vir die persoon buite die omstandigh­ede waarin julle julle bevind. En dit kan ’n struikelbl­ok wees.”

 ??  ?? Chris Jaftha gaan die enkellopen­des in ’n reeks ekstreme dates liefde help vind.
Chris Jaftha gaan die enkellopen­des in ’n reeks ekstreme dates liefde help vind.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa