TV Plus (Afrikaans)

AGTER DIE SKERMS

-

Die reeks sou eers op die bootwerf by die Waterfront in Kaapstad verfilm word, maar dit het kort voor verfilming deur die mat geval omdat ’n nuwe projek opgeduik het. Die verfilming is toe na die Royal Cape-seiljagklu­b in die Kaapstadse hawe verskuif.

’n Spesiale onderlaag van elastiese kollageen is vir die terugflits­tonele in die 1990’s op Rolanda, Milan en Trix se gesig aangewend om hulle 20 jaar jonger te laat lyk.

Die tonele waarin Ben (Dawid Minnaar) ’n welige, grys baard het, is eerste verfilm en die tonele waar hy ’n korter swart baard het, later.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa