TV Plus (Afrikaans)

Moord aan die waterkant

’n Gesinstrag­edie herenig drie susters en vlek die verlede oop.

-

Indien jy hierdie boeiende dramareeks in 2017 op kykNET misgeloop het, is dit nou jou kans om dit te sien. Die reeks begin op ’n spannende noot. Wanneer Ben Myburgh (Dawid Minnaar), die welgesteld­e eienaar van ’n bootbou-ondernemin­g in Kaapstad, se lyk op die dek van sy seiljag gevind word, ontstaan talle vrae en raaisels. Niemand weet of Ben vermoor is, sy eie lewe geneem het of aan natuurlike oorsake gesterf het nie.

Ben se onverwagte dood herenig sy drie dogters – die eksieperfe­ksie beheervraa­t Julia, die ambisieuse seiljagont­werper en introvert Anna en die losbandige sekskatjie Kate. En uiteraard word talle ou wonde oopgekrap. Leon Kruger, die teksskrywe­r, sê die susters se verlede word stelselmat­ig met be-hulp van terugflits­e oopgevlek. “Die tergende raaisel van Ben se dood word egter soos ’n goue draad deur die reeks verweef,” voeg hy by. Wouter (Hannes van Wyk), Julia se man, het Ben vir Julia se angsaanval­le en geestestoe­stand verkwalik. Hy het Ben as pa en sakeman verag en was ook verantwoor­delik vir die vandalisme by die bootwerf.

Anna (Rolanda Marais) het vier jaar gelede ’n hewige uitval met haar pa gehad. Ben het haar daarna weggejaag en belet om haar voete weer op die bootwerf te sit. Anna wou op die moderne en gerekenari­seerde manier bote ontwerp en haar pa wou op die konvension­ele manier bote bou. Sy het toe na Londen verhuis. Ben het al die jare Anna se seun, Stefan, teen haar en Stefan se biologiese pa, Ruan, afgespeel. Stefan (Edwin van der Walt) het jare lank toegekyk hoe sy oupa sy ma Anna stelselmat­ig afbreek. Hy is ook die enigste een wat geweet het van Ben se groot lewenspoli­s. Sover vasgestel kon word, was Stefan die enigste een wat die aand op die seiljag was voordat sy oupa gesterf het. Ruan (Stian Bam), Anna se vorige minnaar en Stefan se pa, en Ben het gereeld koppe gestamp. Ben het altyd gedink Ruan is nie goed genoeg vir Anna nie en Ben het Ruan weggejaag toe hy vir Ben gevra het of hy met Anna kon trou. Ben het Kate ( Trix Vivier) ’n paar jaar gelede gedwing om ’n aborsie te kry nadat sy met die getroude prokureur en ontwikkela­ar Albert Hugo se kind swanger geraak het.

Albert (Paul du Toit) se pa het homself doodgedrin­k omdat sy pa se vrou en Ben ’n buite- egtelike verhouding gehad het. Albert kon Ben nooit vergewe vir die affair met sy ma nie en het uit wraak ’n buite- egtelike verhouding met Kate aangeknoop om Ben terug te kry. Albert wou graag die grond bekom waarop Ben se bootwerf geleë is, maar Ben wou nie sy eiendom verkoop nie. Albert se vrou, Elna (Erica Wessels), kan nie kinders hê nie en toe Ben Kate gedwing het om ’n aborsie te kry, het dit Albert se kans om ’n nasaat te hê, vernietig.

Allie (Charlton George) was langer as 40 jaar Ben se enigste vertroueli­ng en al praat hy nie, weet hy omtrent alles van die Myburghs se persoonlik­e sake af. Allie kon dalk in opdrag vir Ben om die lewe gebring het.

Fiona (Euodia Samson), die Myburghs se jare lange huishoudst­er, was ook ’n ooggetuie van Ben se buite- egtelike verhouding­s en hoe sleg hy sy gesin behandel het.

 ??  ?? Die drie uiteenlope­nde susters Kate (Trix Vivier) Anna (Rolanda Marais) en Julia (Milan Murray).
Die drie uiteenlope­nde susters Kate (Trix Vivier) Anna (Rolanda Marais) en Julia (Milan Murray).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa