TV Plus (Afrikaans)

Young Sheldon

Seisoen 2 M-Net (*101) 19:00 Komedie

-

Die moeilikste aspek van om ’n 10-jarige weergawe van Sheldon Cooper in die voorreeks Young Sheldon (2018nou) te speel is om nie na te aap wat die uitvoerend­e vervaardig­er Jim Parsons gedoen het in sy rol in The Big Bang Theory (2007-nou) nie. Dit beteken nie die 10-jarige Iain Armitage het nie hulp van Jim gehad nie. So hoe het hulle ’n jong genie geskep?

1 Hoe, nie wat nie

Kykers ken die volwasse Sheldon, waarvan hy hou en nie hou nie. Iain het gefokus op hoekom Sheldon is soos hy is. “Hoekom hou hy van een strokiespr­ent, maar nie van ’n ander een nie? Ons het sy beginpunt gekry,” voeg Iain by.

2 Gedeelde bronne

Big Bang Theory en Young Sheldon is deur dieselfde man geskep – Chuck Lorre – en hulle deel ook skrywers. Jim sit by Iain wanneer die draaiboek gelees word, maar sê hy bied Iain insig en wenke wanneer hy vra “wat sou Sheldon doen”.

3 Feite nagaan

Sheldon se karakterby­bel is groot genoeg om twee dik lêers te vul. ’n Kopie daarvan is in die skryfkanto­or en een op stel. Jim sê dit maak dit “maklik om te verseker as Big Bang Sheldon sê iets het op 10 jaar gebeur, dan pas ons dit in die reeks aan”.

4 Die ware Jakob

Die wiskunde-, fisika- en wetenskapv­aktaal wat die jonger Sheldon gebruik is eg. Die span het professors geraadplee­g om berekening­s te kies wat geskik vir die reeks sou wees.

5 Leerkurwe

Verskil met Big Bang se Sheldon en jy’s verkeerd. In die voorreeks sal hy dit nog bespreek, soos Chuck sê “kan mens nog aansluitin­g by hom vind. Hy dink nie hy’s beter as almal om hom nie. Wel, darem nie op die vlak van die volwasse Sheldon nie.”

 ??  ?? Iain (links) en Jim deel hul karakter perfek.
Iain (links) en Jim deel hul karakter perfek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa