TV Plus (Afrikaans)

The Voice US

Seisoen 15 M-Net (*101) 19:00 Realiteit

-

Die country-musiekster Blake Shelton was dikwels die beoordeela­arstem van rede in die talentreek­s The Voice US (2011-nou), en om die oudste van die paneel te wees pas die 42-jarige soos ’n handskoen. “Die reeks is soveel pret, want ons sien 16-jariges hier wat liedjies sing wat ek nie nou sou kon sing nie. Maar ek het ondervindi­ng van die bedryf wat ek kan deel. So dit is gee en neem en dis lekker.”

1 Hy maak al 38 jaar lank musiek ná sy oom hom as vierjarige knapie begin leer sing en kitaarspee­l het. Dit het agt jaar geduur om sy eerste lied op te neem toe hy as 17-jarige na Nashville verhuis het “want ek het goor geklink”, sê Blake.

2 Hy steur hom nie aan sjampoevoo­rskrifte nie, want hy het ’n eie haarsorgro­etine, wat hy in 2017 onthul het ná hy gekies is as People Magazine’s Sexiest Man Alive: ’n mengsel van eier en tamatiesou­s wat hy 5 minute aanlos voor hy dit afspoel.

3 Blake was nie altyd so aantreklik 3 nie – hy het ’n mullet gehad en skewe tande en ’n bril gedra.

4 Die sanger bestuur ’n ranch in Oklahoma, waar hy ’n kroeg, Ole Red, asook vee en pluimvee het. Dis ook waar hy sy gunsteling-troeteldie­r in 2003 begrawe het – sy kalkoen, Turkey.

5 Hy en die sangeres Gwen Stefani (’n Voicemedea­frigter van seisoene 7 tot 12) gaan van 2016 af uit. Blake sê sy het sy sang help verbeter en hom wyn leer waardeer.

6 Hy erken om vodka op TV te drink in 2015 as ’n heildronk op die sanger Miranda Lambert wat besig was om te skei, was taktloos. • Lees meer oor The Voice SA op bl. 33.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa