TV Plus (Afrikaans)

The Last Kingdom

Seisoen 3 M-Net-sat. (*101) 22:00 Drama

-

Alexander Dreymon weet hoe sy karakter Uhtred voel in die historiese swaardswaa­iende drama The Last Kingdom (2015-nou) want hy is self ’n effense swerwer. “Uhtred soek ’n plek waar hy hom kan vestig en sy hunkering na ’n vaderfiguu­r of iemand na wie hy kan opsien, is feitlik ’n spieëlbeel­d van my lewe,” sê die 36-jarige Duitser. “My ouers het baie getrek in my kinderjare dus het ek nie ’n plek wat ek my tuiste kan noem nie. En my pa, met wie ek nou ’n goeie verhouding het, was vir die grootste deel van my jeug afwesig.”

1 Die rol wat hom bekend gemaak het, was een wat hy nie verwag het nie – dié van Luke Ramsey in vyf episodes van American Horror Story: Coven in 2013. “Dit was die beste tyd. Alles was soveel groter as die goed waarin ek voorheen gespeel het,” sê hy.

2 As kind wou Alex in ’n mediese rigting werk . . . tot die dag toe hy by ’n neef kuier en hul handkamera sien. Hy sê: “Dit was liefde met die eerste oogopslag. Ek hoop net ons mini-flieks kom nie aanlyn nie”.

3 Alexander het nie ’n waaghals nodig gehad vir sy rol in Last Kingdom nie, want hy ry al perd en veg speel-speel vandat hy 12 was en sy gesin op ’n reservaat in Suid-Dakota, Amerika, gewoon het.

4 Hy is nie skaam om lyf te wys nie, en erken die polisie het hom amper gevang toe hy as 20-jarige kaal genael het; hy het agter ’n bos weggekruip.

5 Die litteken op sy linkerwang is eg – hy is gewond in ’n gevegstone­el in seisoen 2. Hy het ook albei enkels verstuit en amper sy arm gebreek.

6 Hoewel hy enkellopen­d is, sal jy ’n aksent moet hê om hom te date – Alex verkies Franse of Griekse vroue.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa