TV Plus (Afrikaans)

Shades Of Blue

Seisoen 2 e.tv (*194) 20:30 Aksie

-

Moenie ’n fout maak nie: Ray Liotta speel graag ’n slegte ou. “Selfs my nuwe karakter Matt Wozniak in Shades Of Blue (2016-2018), hy’s ’n speurder wat veronderst­el is om te dien en beskerm. Maar hy is korrup. Hy gebruik sy ampswapen asof dit iets is wat aan hom onbeperkte mag gee en hom onaantasba­ar maak. Hy is skelm en dis soveel pret,” sê die 64-jarige New Yorker.

1 Die rol van Henry Hill, voormalige rampokker en nou FBI-informant, in die biografies­e drama-fliek Goodfellas was ’n werklikhei­dstoets vir Ray. “Ek het geweet Martin Scorsese was ’n beroemde regisseur, maar ek was onvoorbere­id. Alles was groter en luukser,” sê Ray.

2 Sy ouers het sy aanneming nooit verswyg nie en het hom die keuse gegee om sy biologiese ouers te ontmoet as hy wou. Hy het sy biologiese ma eers in 2000 ontmoet.

3 Ray reageer nooit op kommentaar oor sy veranderen­de voorkoms en praatjies oor plastiese chirurgie nie. Sy agent kyk vraelyste vir onderhoude ook goed deur daarvoor.

4 Hy het as tiener ekstra sakgeld verdien deur brosjures vir sy pa se veldtog in die stadsraad uit te deel. Ray het op kollege ook in ’n begraafpla­as gewerk.

5 Die akteur ondersteun die Engelse sokkerspan Tottenham Hotspur. Hy kyk na regstreeks­e wedstryde wanneer hy in die VK is, en tuis in LA bly hy heelnag wakker om na uitsending­s te kyk.

6 Ray is ontnugter met flieks en sê ná die einde van Shades Of Blue gaan hy nie terug na rolprente nie. “TV is baie meer pret.”

7 In teenstelli­ng met ander ouer celebs, is Ray nie mal oor gholf nie – hy ry eerder perd op ’n plaas.

 ??  ?? Ray het baie verander sedert Goodfellas.
Ray het baie verander sedert Goodfellas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa