TV Plus (Afrikaans)

Sê jou sê

-

Ek wil nou nie ’n vroueverne­uker ophemel nie, maar die akteur Jody speel sy rol as Lionel puik. Hy het sulke oulike sêgoed. – @EUNICETITU­S52, TWITTER

Daar is twee redes waarom ek Arendsvlei kyk: Lionel wat nie sy hande kan tuis hou nie, en Wendy wat net moeilikhei­d maak. – @ROB_BARTHOLOME­W, TWITTER Arendsvlei is vir die voëls! Samantha kort ’n goeie pak slae. Dan is daar nog Chantel, Janice en Wendy, wat sulke onaangenam­e mense is. Ek wil nie eens praat van Lionel nie – hy is haatlik. Nee wat, die sepie behoort in die vlei en nie op TV nie. – ELSA, SMS

Ben van 7de Laan se hare lyk darem wild. Kan iemand dit sny en sommer vir Xander ’n skeermes gee? Hy lyk soos ’n boemelaar so ongeskeerd. – CHRISTINE, E-POS

Ek hoop nie Connie se waansin hou nou weer oneindige weke lank aan nie. – ELSABE, SMS

Vanessa van 7de Laan wil nie skei nie en doen dit want sy dink dis die regte ding om te doen. Ek hoop sy en Xander kom eendag weer bymekaar uit. – JMS, SMS

Die 7de Laan-skrywers se karakters is nou amper net so swak soos die sepie se storielyne. Ek hoop dit verbeter vinnig. – KAREL, SMS

Connie moet 7de Laan so vinnig moontlik verlaat. Haar storielyn grens aan belaglikhe­id. – LYNN, SMS

Die regering doen sy bes om ’n afknouery in ons skole stop te sit, maar 7de Laan wys die boelies presies hoe om af te knou. – DE WET, SMS

Ek hoop Divan gee Julia hel in Getroud Met Rugby. Die arme Blitz verdien nie sulke behandelin­g nie. Ek hoop sy verlaat die sepie gou. – BEE, SMS

Die nuwe Thorne in Bold laat nie op hom wag om moeilikhei­d te maak nie. Ek hoop regtig hy vry Brooke by Ridge af. – ELANI, SMS

Kan iemand tog Candice in Skeem Saam se klere verander? Dit is so oudmodies vir ’n jong meisie. – DAPHNE, E-POS

Isidingo is nou net so ’n groot spul gemors soos 7de Laan. Dis tyd om die twee sepies te staak. – DENNIS, SMS

Toe Will van Days vermoor is kon ek die trane nie keer nie. Ek treur nou nog. Geweld op TV maak ’n mens neerslagti­g. Ek verkies om iets te kyk wat my vrede gee. – MARTHA, E-POS

Noot Vir Noot is een van my gunsteling­programme; ek kyk dit al van die begin af. Maar in die laaste seisoen merk ek Johan sien nie altyd deelnemers se foute raak nie en hoor soms nie deelnemers se klokkies lui nie. Dit is teleurstel­lend. – MADEL, SMS l

D d Dankie, SABC3, dat julle nou krieket uitsaai en nie sokker nie! – LG, SMS

Ek en my seun is groot Gebroke Harte-aanhangers en sien dit het klaargemaa­k. Ek hoop die ander twee seisoene word gou uitgesaai. – CORLETTE, E-POS

Wie het die vertaling van Gebroke Harte gedoen? Dis die swakste wat ek nog gehoor het. – CC, SMS

 ??  ?? Noot Vir Noot se vrolike aanbieder, Johan Stemmet.
Noot Vir Noot se vrolike aanbieder, Johan Stemmet.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa