TV Plus (Afrikaans)

IN DIE SPERVUUR

-

Om die hoofspeler in The Bachelor SA te wees, is meer as net die 22 vroue wat meeding om jou te beïndruk. Dit gaan oor werklike bande wat ná die verfilming kan voortduur. Die hondeliefh­ebber, fiksheidsf­anatikus en model Marc Buckner wou die regte vrou vind.

“Ek het met ’n oop gemoed die spel ingegaan,” sê die 37-jarige Marc.

“Ek moes eers bepaal wie was daar om bo alles ’n verhouding aan te knoop. Ek het geleer jy kan nie almal tevrede stel nie. Ek is hier vir myself en hoewel ek nie daarvan hou om mense seer te maak nie, moes ek gebruik maak van wat ek sien om oor die regte maat te besluit.”

Het jy aan trou gedink toe jy begin het?

Dit was nie onmiddelli­k nie. Om iemand te ontmoet met wie ek my toekoms kan deel, absoluut!

Watter gevaarligt­e het jy in die vroue gesien wat jy nie kon ignoreer nie?

Woede, wraaksug en besitlikhe­id. Dis karkatertr­ekke wat ek altyd vermy, en dit heers in die program.

Jy was aanvanklik huiwerig om al die vroue te soen. Wat het jou van gedagte laat verander?

Ek het skuldig gevoel, want dit het gevoel asof ek hulle verkul. Ek het ook myself afgevra hoe ek sou voel indien ek aan die ander kant was. Ek het toe besef ek kan ’n moontlike verhouding skade berokken indien ek nie meer van myself gee nie.

Hoe het jy geweet jy neem die regte besluit om iemand uit te skakel al het jy nie genoeg tyd saam met haar deurgebrin­g nie?

Tyd is beperk, maar ek het my kennis en ervaring gebruik, nie net van die persoon nie, maar van ons verhouding as geheel om die beste besluit te neem.

Hoe het dit gevoel om jou hond, Luna, saam op die eerste groepafspr­aak te hê?

Luna het dit vir my gemakliker gemaak. Ek wou sien hoe elkeen oor diere voel, het hulle ’n moederlike of empatiese instink.

Is daar enigiets wat jy anders sou doen?

Glad nie. Ek is baie tevrede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa