TV Plus (Afrikaans)

GAAN RIANA ’N BERGIE WORD?

-

Ons gunsteling-storie van The Riviera wat regtig gebeur het, was die dag waarop Quanita direk ná werk op die stel van kykNET se sepie Arendsvlei (2018-nou, lees meer op bl. 23) by The Riviera se stel ingeloer het – tot groot konsternas­ie van Abdul Abrahams (Riana se jonger broer, Reza). Een kyk na Quanita, wat nog haar sepieklere gedra het, het hom oortuig sy is regtig ’n hawelose vrou – en dit het beteken Riana, wat op Quanita gegrond is, gaan ook dakloos wees wanneer sy groot is.

“Ek het soos ’n bergie gelyk – Laetitia (Quanita se Arendsvlei­karakter) is haweloos. Sy woon in ’n pyp!” sê Quanita.

Niks kon Abdul anders oortuig nie – of dat toneelspel ’n slegte loopbaanke­use is. “Ek het daardie tyd aan so baie goed gewerk en terselfder­tyd ook geskryf. Maar ek was opgewonde dat ons op dieselfde terrein was en het gou ingeloer.

“En dit was vreemd, want hy wou nie eers met my praat nie. Lucilla (die vervaardig­er Lucilla Blankenber­g) het verduideli­k ek was die vrou wat die reeks gemaak het. Ek was by toe hy sy oudisie gedoen het. Maar hy was nie beïndruk nie. Ek het soos ’n ramp gelyk, ek dink dus dis ’n pluimpie vir Arendsvlei se grimeer- en kostuumspa­n.

“Hoe ek ookal aan Abdul probeer verduideli­k het ek speel ook toneel, hy het net volgehou ‘nee!’”

 ??  ?? Quanita as haar hawelose karakter, Laetitia, in Arendsvlei.
Quanita as haar hawelose karakter, Laetitia, in Arendsvlei.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa