TV Plus (Afrikaans)

BOLD (TROU-EPISODES)

-

Eric en Brooke trou en verseël hul liefde terwyl hulle in ’n warmlugbal­lon oor Palm Springs sweef (1991). Taylor probeer ontvlug van haar kaper, prins Omar, om by Ridge te kom voor hy met sy eksskoonma, Brooke, kan trou (1994). Die Forrester-vyand Bill Spencer raak verlangs familie wanneer hy met Brooke se suster, Katie Logan (2009), afhaak. Hope Forrester en Liam Spencer beloof ewige trou aan mekaar in ’n droomtroue in Italië (2012). En Steffy Forrester en Liam het ’n sonnige troue in Australië (2017).

DAYS

Sarah se probleme in Parys vererger wanneer Rex sy neus in haar sake steek, maar sy’t ’n plan: Om hom plat te slaan. Maggie klap Xander oor sy onthulling, onbewus daarvan dat Xander haar man, Victor, reeds vertel het. Brady is in aanhouding, maar sy familie en vriende glo hy’s onskuldig aan moord, en Nicole troos Eric. Kristen erken haar bloeddorst­ige geheim aan haar polisievri­endin, Lani, en Lani help Kristen later om Salem te verlaat. Gabi voel Jake lieg vir haar oor sy indentitei­t.

Y&R (IKONIESE INWONERS)

Nikki Reed gaan vir die eerste keer na die berugte Newman-familiepla­as, min wetende hoe dit haar lewe gaan verander (1981). Nikki beplan om van die moeilikhei­dmaker Ashley ontslae te raak sodat sy Victor Newman weer vir haarself kan hê (1987), dan veroorsaak sy ’n opskudding by die weelderige restaurant die Colonnade Room (1990). Victor en Nikki probeer mekaar vermy, maar die aantrekkin­gskrag tussen hulle lei tot ’n affair (1998). En Nikki en Victor trou weer in die Colonnade Room (2002).

 ??  ?? Brooke (links) word ’n Forrester toe sy in 1991 met Eric getrou het.
Brooke (links) word ’n Forrester toe sy in 1991 met Eric getrou het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa