TV Plus (Afrikaans)

25 – 29 MEI

-

Nihan weier om na die dokters te luister wanneer hulle haar vertel hoe Ozan gesterf het, want dit sal haar romanse met Kemal vernietig, maar sy weet nie Mercan is besig om Kemal alles te vertel nie. Emir dink hy het die stryd in die raadsaal gewen, maar Leyla is reg vir ’n geveg met hom oor die onwettige myn, en Tarik smeek Nihan om vergifnis, maar sy wil nog nie na hom luister nie. Emir is woedend wanneer hy Kemal en Nihan gesellig saam sien en wil iets aan hul vriendskap doen. Nihan is in die tronk, en Leyla en Ayhan soek in die strate na meer weeskinder­s om hul vermoedens te bevestig. Leyla besef in hoeveel moeilikhei­d sy haarself bevind, en Kemal kry nuwe inligting tydens onderhoude met die mynwerkers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa