TV Plus (Afrikaans)

25 – 29 MEI

-

Luciana wend haar tot haar familie om uit te vind waarom Lilian ’n wrok teen haar koester, want sy het niks gedoen dat Lilian haar so moet haat nie. Gutiérrez neem die moeilike besluit om Marta in die hospitaal te besoek, en Perla doen als in haar vermoë om David te oortuig Juan het niks met die vergiftigi­ng te doen gehad nie. Luciana is ontsteld omdat David haar hoegenaamd van die sabotasie van sy oes verdink het, en Juan los ’n bom om sy werk terug te kry: Susan het ’n nuwe liefde. Graciela word gevra om Miguel en Luciana dop te hou, en Susan sê haar kêrel af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa