TV Plus (Afrikaans)

25 – 29 MEI

-

Zehra en Kemal hou ’n ogie oor Yildiz by die gim, maar Kemal is versigtig oor hoe emosioneel Yildiz se nuwe instrukteu­r is. Alihan wil Dündar en Zeynep se vriendskap ruïneer, en Halit en Yildiz neem die dorp op horings. Daar is ’n onthulling oor iemand se pa en familieleu­ens, en Dündar sit Zeynep se planne vir ’n dinee stop, want hy dink Zeynep en Hakan het ’n verhouding. Dündar se ma is nie beïndruk met die dinee wat Yildiz reël nie, en Kemal vra Halit om hulp. Zeynep probeer Dündar nooi om om verskoning te vra vir die dineesitua­sie, en Alihan word gedwing om introspeks­ie te doen. Ender is gereed om die skeibriewe te onderteken, want sy gaan meer uit die egskeiding kry as haar aanstaande eksman, Alihan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa