TV Plus (Afrikaans)

25 – 27 MEI

-

Keriman en Nuray gaan na Gülseren en Derya se kafee en dis nie vir koffie nie, hulle is daar om te snuffel en hulle kry waarna hulle soek. Derya word gekonfront­eer deur iemand wat sy gedink het haar vriend is, en Nuray se pa is op die oorlogspad wanneer hy uitvind Özkan is nie bereid om met Nuray te trou nie. Ozan se aand neem ’n slegte wending wanneer iemand skelm kokaïene in sy sak glip net toe die polisie hom wil deursoek, en Nuray se pa skiet Özkan. Hazal word uit die hospitaal ontslaan en smeek Gülseren om by haar te bly terwyl sy herstel. Hazal val later in die see.

Daar is ’n seisoen 2, maar dis nog onbekend wanneer dit gaan begin. Ander programme gaan intussen in dié tydgleuf vertoon word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa