20 – 22 MEI
Lesedi sukkel om Crazy J se bekentenis te aanvaar dat hy agter hul babaseun se ontvoering sit, en Mpho kry ’n waarskuwing van ’n bende. Gadaffi is onbewus daarvan dat hy deur iemand wat hy liefhet en vertrou gemanipuleer word, en Palesa kan nêrens wegkruip nie wanneer sy betrap word terwyl sy bedrog probeer pleeg. Crazy J oorreed Lesedi om stil te bly oor sy ontvoerplan, en Palesa se dokter weier om deur haar leuens om die bos gelei te word.