TV Plus (Afrikaans)

25 – 27 MEI

-

Nkosana het ’n helder oomblik terwyl sy in rehabilita­sie is, en Thandeka vra haar kinders om maandeliks­e losies te betaal noudat hul pa, Senzo, uitgetrek het en toegang tot sy bankrekeni­ng saamgeneem het. Spokes keer terug na sy dronkmanie­re en slaan Patricia, en Cebile is verstom waneer sy tuis kom en die kneusplekk­e aan haar ma, Patricia, se lyf te sien. Nolo loop sy eksmeisie, Pabi, raak, maar sy is nie haar borrelende self nie, en Senzo eis om meer te weet van sy seun, Nolo, se verbinteni­s met sy voormalige vriend Kabe. Patricia smeek Spokes om na ’n kliniek te gaan, omdat hy nie gesond is nie en sy drinkery vererger sy toestand, en Spokes vra sy vervreemde broer om sy ongeskikth­eidstoelae te kry. Nolo bedank sy werk, want hy het nog gevoelens vir Pabi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa