TV Plus (Afrikaans)

25 – 29 MEI

-

Felipe wil speurder Ayala spreek, want hy glo Mercedes is by haar venster uitgestamp, en Diego ontmoet Teresa en vertel haar van sy vermoedens oor Cristina. Sofia word van al haar waardighei­d beroof wanneer sy verplig word om voor Elisa te ontklee, en Isabel breek Diego se hart deur hom te los, net om daarna deur ’n hartseer Julio afgesê te word. Sofia dink sy het pas haar ma met Cristina se lyk gesien, en Felipe glo Eugenia wil Mercedes vermoor. Isabel en Julio herenig en beplan om die Gran Hotel te verlaat, en Teresa verseker haar dogter, Isabel, niemand gaan haar seer maak so lank as Teresa lewe nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa