TV Plus (Afrikaans)

25 – 29 MEI

-

Almal praat oor Mama Rose as gevolg van skindersto­ries in die lodge, en Modise en Marang span saam teen Itumeleng. Zintle en Marang baklei ook, en Sarah van Reenen keer terug en krap ou wonde oop. Isaac vlug van die woedende Modise en Itumeleng, wat uitgevind het hy wil sy erfporsie verkoop. Tiro en Zoe kry albei goeie nuus oor hul projekte, en Sarah probeer verlore tyd saam met haar gesin inhaal. Tiro en Jack beplan om wildbewaar­ders aan te wys om Tristan te help, maar dit gaan ’n groot stryd ontketen. Mogorosi verklaar oorlog teen ’n mededinger, en ’n lid van die Van Reenen-gesin sit die familietra­disie voort deur as ’n natuurbewa­arder by die lodge te werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa